Wêreldwyd het meer as 220 000 mense reeds die koronavirus opgedoen en die dodetal staan net onder 9 000. Die Wêreldgesondheidsorganisasie beklemtoon dat niemand teen die virus bestand is nie. Elkeen van ons moet streng higiëne toepas om die verspreiding van die virus te help keer. Hierdie produk kan help.

View this post on Instagram

This is how you can reduce your risk of new #coronavirus

A post shared by World Health Organization (@who) on

Een van die belangrikste riglyne is om jou hande gereeld te was. Die probleem is dat ons konstant aan ons gesig vat en só kan die virus maklik versprei. Hou ’n handreiniger met ’n alkoholbasis in jou handsak sodat jy deur die loop van die dag jou hande kan ontsmet en enige moontlike kieme kan vernietig. 

Volgens die The New York Mag is dit noodsaaklik om ’n handreiniger wat minstens 60% alkohol bevat, te gebruik. Handreinigers met ’n hoër persentasie alkohol vernietig kieme meer effektief. Maak ook seker dat jy ’n genoegsame hoeveelheid aanwend, aan die voor- en agterkant van jou hande, tussen jou vingers en effens op teen jou polse.

Het jy geweet?
Die prys van handewas het sedert Desember in Frankryk gestyg. Te danke aan ’n bevel word die pryse nou verlaag ongeag die verhoogde aanvraag.

Probeer dié produkte:

1. Lifebuoy Hand Sanitizer (R20). By Dis-Chem

2. Safeguard Hand Sanitiser (R15)

3. Cuticura Hand Sanitiser (R18). By Dis-Chem

4. Dettol Hand Sanitizer (R30)

5. Absolute Organix Hand Sanitiser (R36). Aanlyn beskikbaar by www.faithful-to-nature.co.za

6. Woolworths Hand Cleanser in Lemon (R20)

7. Nu-Eco Waterless Hand Cleanser (R26). Aanlyn beskikbaar by www.faithful-to-nature.co.za

8. Sorbet Nourishing Waterless Hand Sanitiser (R15)

Bronne: www.nymag.com, www.nytimes.com, www.aljazeera.com