Die aktrise Leandie du Randt het destyds ons harte met haar borrelende en spontane persoonlikheid gesteel. Maar nóú is dit anders. 

By haar SARIE voorblad-fotosessie wat inderhaas net voor die amptelike inperking geskiet is, is dit duidelik dat Leandie verander het. Sy is nie meer bang om te wys dat sy óók ernstig is nie. Dat dit okei is om nie altyd met oorgawe hoef te glimlag nie. Sy is nou meer volwasse, sonder voorgee is sy gemaklik in haar eie vel en vier wie sy is. 

En voor die kamera in pragtige skakerings van donkerblou met haar moderne skouerlengte bob, bewys sy dít. 

Sy beantwoord so paar vrae ...

Jou beste grimeer-geheim?

Ek het hierdie Nimue Sun-C Tinted SPF40 (R487), dis tinted. So veral as dit dae is wat ek net by die huis is of ek gaan net gou vinnig gym, dan sit ek dit aan en dit lyk asof ek onderlaag het, maar dis lig en beskerm my vel. Ek sit dit amper elke dag onder my onderlaag ook aan, want jy moet sonskerm aansit! 

FOTO Instagram / Leandie du Randt

Jou 5 moet-hê grimeerprodukte?

1. Verbloemer

2. Onderlaag

3. Maskara

4. Oogpotlood

5. Wenkbroupotlood

Haartipe?

Ek het baie dun hare, so ek gebruik haarprodukte wat help met volume, veral nou dat ek die kort styl het. Op winkelrakke kry jy hierdie haarpoeier, Kevin Murphy noem dit “powder puff.” Ek gooi my kop vorentoe en gooi dit hier onder my hare by my nek, dis soos ’n poeier, maar dit maak jou hare lekker dik. En dan sit ek dit in die middel van my hare en dan hier onder naby my kroon. Dan gebruik jy net ’n haardroër vir so paar minute en jy sit bietjie hitte op en dan aktiveer dit die poeier vir ekstra volume.

FOTO Instagram / Leandie du Randt

Veltipe? 

Ek het nogal ’n droë vel, so alhoewel ek Nimue se velreeks gebruik, gebruik ek ook SBR Skin Barrier Repair (R260 vir 100g). Dis ’n baie lekker dik room wat ek in die oggend en in die aand aansit wat goed genoeg vir my droë vel werk. 

Enige lekker skoonheidgeheim?

Drink baie water en was jou gesig voor jy gaan slaap.

Skoonheidsraad vir ’n jonger Leandie?

Moenie skelm sigarette rook nie, I'm sorry, I did it. It's not good for the face, it will never be!

Probeer die produkte:

Nimue Sun-C Tinted SPF 40 (R487) By uitsoeksalonne

Kevin Murphy Powder.Puff Volumising Powder (R550)

SBR Skin Barrier Repair (R260 vir 100g) By uitsoekapteke of beskikbaar aanlyn by www.dermastore.co.za

Revlon PhotoReady Candid Concealer (R150)

Clarins Everlasting Foundation SPF15 (R540)

M.A.C Extended Play Gigablack Lash (R325) Beskikbaar aanlyn by www.superbalist.com

essence Long Lasting Eye Pencil in Hot Chocolate (R31) By Clicks.

Bobbi Brown Perfectly Defined Long-Wear Brow Pencil in Rich Brown (R620) 

SARIE September 2020 is nou op die winkelrakke! Dié maand kan jy kies tussen twee voorblaaie, jou SARIE met Leandie du Randt of 'n kleiner 'handsak'-SARIE met #SARIEnuwegesig-wenner Jonadrie van Aardt. Daar wag boonop nóg 'n verrassing! Die geliefde SARIE-serpies is terug en jy kan vandeesmaand kies tussen 4 #JyIsGenoeg-ontwerpe. Kry jou serpies en SARIEs vandag.