Roosgoud is tans supergewild in die skoonheidswêreld! Van hare en naels tot parfuum – meer as ooit kan jy nou jouself én jou skoonheidskas in dié mooi goudpienk skakering tooi.

Hare

Roosgoue hare is ’n reuse-Instagram-trend. ’n Kombinasie van blond en pienk skep die voorkoms. Hierdie is ’n meer gewaagde haarkleur, maar ons dink dis perfek vir die komende lente.

Dis veral mooi as dit subtiel is. Daar is ’n wye verskeidenheid skakerings beskikbaar wat by verskillende velondertone pas.

1. Bella Hadid het ’n ombré haarkleur met roosgoud baie liggies aan haar haarpunte sigbaar.

FOTO: Instagram/@bellahadid

2. Elle Fanning het haar hare heeltemal roosgoud gekleur.

FOTO: Instagram/@ellefanning

3. Kylie Jenner is bekend daarvoor dat sy met verskillende haarkleure eksperimenteer. Ons hou van dié roosgoue kleur. 

FOTO: Instagram/@kyliejenner

4. Hier dra Gigi Hadid ’n pruik met dié gewilde roosgoud skakering.

FOTO: Instagram/@gigihadid

5. Hailey Baldwin se roosgoud-haarkleur pas by haar sonbruin gelaat.

FOTO: Instagram/@haileybaldwin

6. Kaley Cuoco wys dat dié haarkleur perfek vir natuurlike blondines werk.

FOTO: Instagram/@kaleycuoco

Grimering

Roosgoud grimering pas by alle velondertone. Dis omdat dié skakering warm en koel eienskappe het. Ooggrimering, verbronser en selfs lipstiffie is in dié gewilde skakering beskikbaar. Dra dit subtiel met net ’n tikkie op jou wange, of dramaties met intense rokerige oë. 

Só dra jy roosgoud-grimering

FOTO: Getty
FOTO: Instagram/@kyliejenner
FOTO: Getty

Probeer dié produkte:

1. Revolution Reloaded Palette in Iconic Fever (R140). By Clicks.

2. Clarins Ombre Iridescente Eyeshadow #09 (R345)

3. Revlon 16 Hour Eye Shadow Palette in Decadent (R230)

Naels

Rousgoud is ook die perfekte skakering vir jou naels vir lente. Kies uit pienk-, metaal-, blink-, koraal-, roos- en goud skakerings.

Só dra jy roosgoud-naels

FOTO: Instagram/@edenbeauty_x
FOTO: Instagram/@jamminwithjanelle
FOTO: Instagram/@joyful_blog

Probeer dié produkte:

1. Catrice ICONails Gel Lacquer in 51 Easy Pink, Easy Go (R29). By Dis-Chem.

2. Revlon Holographic Nail Enamel in Gilded Goddess (R115)

3. Mavala Mini Nail Polish in Velvet (R87).

Parfuum

Laat jou spieëlkas mooi lyk met ’n roosgoud parfuumbottel. Dié seisoen se roosgoud geure bevat note soos roos, rooibessie, perske, sandelhout, vanielje, patsjoelie, muskus en framboos.

Probeer dié produkte:

1. Montblanc Lady Emblem Elixir (R1 010 vir 50ml EDP)

2. Alaïa Nude (R1 320 vir 50 ml EDP)

3. Missguided Babe Power (R710 vir 80 ml EDP)

4. Carolina Herrera 212 Rosé (R1 220 vir 50 ml EDP)

SARIE Voorbladgesig 2018 word met trots geborg deur Montblanc Lady Emblem, INOAR, Isa Carstens Academy, Kalahari en kykNET.