Sondag is Moedersdag! Ongelukkig beperk vlak vier van inperking ons opsies om ons moeders te bederf, maar moenie te gou moed opgee nie. Daar is nogsteeds oulike én sakpas geskenke wat jy tydens hierdie vreemde tyd maklik in die hande kan kry.

Weens die Covid-19-pandemie is dit ongelukkig nie vir almal moontlik om dié spesiale dag saam met hul moeders te spandeer nie. Hier volg ’n lys van geskenk-idees wat jy sommer direk na haar huisadres toe kan stuur.

Kyk net hier:

1. The Longmarket Soap Company Peony & Honey Fragranced Soap (R85) Beskikbaar by www.woolworths.co.za

Die heerlike seep is met pinksterroos en heuning gegeur en in ’n pragtige metaalhouer verpak.

2. Woolworths Almond Milk & Vanilla Sugar Hand Scrub (R40) Beskikbaar aanlyn by www.woolworths.co.za

Dis net wat haar hande nou nodig het as gevolg van al die oormatige handewas en kouer klimaat.

3. Elizabeth Arden Retinol Ceramide Capsules (R1 095) Beskikbaar aanlyn by www.woolworths.co.za

Die kapsules met retinol is ’n effektiewe wapen teen velveroudering.

4. Nuxe Huile Prodigieuse Florale Multi-Purpose Dry Oil (R520) Beskikbaar aanlyn by www.woolworths.co.za

Die olie voed jou gesig, hare en lyf.

ONTHOU
As gevolg van die streng regulasies van vlak vier tydens inperking, is nie alle produkte beskikbaar nie. Woolworths se webtuiste bevestig dat sekere bad- en velsorgprodukte tans te koop is. Kontak jou naaste tak om vooraf seker te maak.

5. SKOON. Ruby Marine Overnight Hydrating Mask (R273) Beskikbaar aanyn by www.faithful-to-nature.co.za

Dis die perfekte bederf aangesien skoonheidsalonne se deure nog gesluit is.

6. Faithful Festivities Supple Skin Gift Pack (R432) Beskikbaar aanlyn by www.faithful-to-nature.co.za

Die geskenkpak bevat kollageenpoeier, ’n teenveroudering-serum en ’n gesigsponsie vir ’n soepel en glansende vel.

7. LaTweez Illuminating Tweezers (R399) Beskikbaar aanlyn by www.retailbox.co.za

Die luukse haartangetjie het ’n liggie sodat jy makliker kan sien wanneer jy van ongewenste hare probeer ontslae raak. 

8. Tangle Teezer Large Wet Detangler (R335) Beskikbaar by Dis-Chem en aanlyn by www.superbalist.com

Kam jou hare moeiteloos met dié haarborsel uit wat beloof om nie jou hare te beskadig of te breek nie. 

9. Skin Creamery Facial Cleansing Powder (R340) Beskikbaar aanlyn by www.superbalist.com

Voeg so klein bietjie water of heuning by dié poeier om jou gesig te was of om dit as ’n masker aan te wend.

10. label.m Diamond Dust Duo (R1 990)

Hierdie luukse geskenkpak is perfek om ma se hare op hul beste te laat lyk. Die geskenkpak bevat beide label.m se sjampoe en opknapper, sowel as ’n geskenkbewys vir ’n kopmassering of haarbehandeling en ’n pragtige serp ontwerp deur i-am-chen. 

Die geskenkbewys kan sy by ’n verskeidenheid uitsoek-salonne soos Scar, Terry Scott Hair Fashion Salon en Tanaz Hair gebruik.

Bestel die geskenkpak op label.m se Facebook-bladsy of stuur ’n e-pos aan info@haircair.co.za of skakel 021 448 8847.