Die Amerikaanse aktrise Julianne Hough het verlede week haar blonde haarkleur vir ’n vurige koperskakering verruil. ’n Dag daarna het sy ook onthul hoe sy haar wenkbroue effens ligter gekleur het om by hare nuwe haarkleur te pas. Dit het ’n reuse-verskil aan haar voorkoms gemaak en ons laat wonder: Is dit áltyd nodig om jou wenkbroue by jou haarkleur te laat pas?

Julianne vóór sy haar wenkbroue gekleur het …

En só lyk sy nádat sy haar wenkbroue ook gekleur het.

??????????‍?? #matchingeyebrowsnow #femmefatale #divinefeminine

A post shared by Julianne Hough (@juleshough) on

Die kleur van jou wenkbroue kan ’n groot verskil aan jou voorkoms maak. Dit kan jou oogkleur laat uitstaan en selfs die beenstruktuur van jou gesig sterker of sagter laat lyk. Die belangrikste is om die ondertone van jou haarkleur en jou wenkbroue by mekaar te laat pas, het Aura Friedman, ’n haarstileerder van New York, in ’n onderhoud aan Vogue gesê. As jou haarkleur dus ’n warm ondertoon het, maak seker jou wenkbroue het ook, en omgekeerd.

Dis ’n goeie plan om, nes Julianne, jou wenkbroue net een skakering ligter te kleur as jou wenkbroue vir jou te donker lyk saam met jou nuwe haarkleur. “Oor die algemeen is dit nie nodig vir rooikoppe om hul wenkbroue by hul haarkleur te laat pas nie, maar ’n koper kleur, wat meer oranje as rooi ondertone het, lyk mooi met wenkbroue wat ook ’n tikkie koper daarin het,” het Aura gesê. Julianne se effens ligter wenkbroue het haar algehele voorkoms dadelik versag.

As jy nie jou wenkbroue by ’n salon wil laat tint nie, kan jy dit maklik genoeg self tuis doen. Hiervoor werk ’n wenkbrou-maskara goed.

Probeer dié produkte:

1. Benefit 3D Browtones (R355)

Die unieke borsel en formule help om donker wenkbroue te versag met subtiele ligter skakerings.

2. Essence Make Me Brow Eyebrow Gel Mascara (R24)

Die jelformule gee kleur aan jou wenkbroue en laat dit ook voller lyk.

3. Revlon Colorstay Brow Mousse (R165)

Vir volkleur wenkbroue.

4. Eylure Pro-Brow Dybrow Dye Kit in Dark Brown (R130)

Tint jou wenkbroue tuis! Die kleur hou tot ses weke lank.

5. Smashbox Brow Tech Highlight Stick in Bronze Shimmer (R320)

Wees waaghalsig en gee jou wenkbroue ’n subtiele koper glans deur dit liggies met dié wenkbrou-potlood in te vul.

Bronne: www.vogue.com, www.teenvogue.com, www.stylecaster.com