Die nuuste trend op Instagram is om jou naels verskillende kleure te verf. Dit is nou mode om jou naels met óf variasies van dieselfde kleur óf elke kleur van die reënboog te verf.

Diegene wat gereeld sukkel om ’n naellakkleur te kies, kan gerus hierdie trend probeer! Buitendien, daar is geen reëls oor hoe jy jou naels moet verf nie, jy kan self besluit waarvoor jy lus is! Ons dink dat hierdie trend perfek vir die komende lente is.

Kyk hierdie interessante naellak kombinasies:

new purse, same nails. ~vintage bags are my weakness~ ??

A post shared by Lauren Ladnier (@laurenladnier) on

??

A post shared by Park Eunkyung (@nail_unistella) on

Probeer die produkte:

1. Jessica Sugar Town Summer Phenom Collection (R240  elk, daar is 3 skakerings beskikbaar) By uitsoeksalonne en aanlyn by www.jessicacosmetics.com

2. Mavala Bubble Gum Collection (R87 elk, daar is 6 skakerings beskikbaar) 

3. Morgan Taylor Spring Collection Royal Temptations (R150 elk, daar is 6 skakerings beskikbaar)

4. Sally Hansen Hard As Nails Xtreme Wear Nail Colour in Pacific Blue (R60) By Clicks.

5. OPI Pro Spa Nail & Cuticle Oil (R270)