Vanaf 1 Mei het Suid-Afrika van vlak 5 na vlak 4 van die staat van inperking beweeg en kon ’n geskatte 1,5 miljoen mense terugkeer werk toe. Mense word ook nou toegelaat om te oefen mits dit nie in groepe is nie. ’n Belangrike voorwaarde is egter dat ons ’n masker moet dra as ons die huis verlaat. 

As gevolg van die groot aanvraag na maskers én handreinigers het verskeie handelsmerke vinnig ’n plan gemaak om self dié items te vervaardig.

Kyk net hier:

The Silk Lady

Die skoonheidshandelsmerk vervaardig luukse maskers van sy asook goedkoper maskers van katoen. Albei bestaan uit verskeie lae vir goeie beskerming en dis in groottes vir volwassenes sowel as kinders beskikbaar.

Symasker vir volwassenes (R184)

Katoenmasker vir kinders 5-10 jaar (R52)

Beskikbaar aanlyn by www.thesilklady.com

Optiphi

Dié velsorghandelsmerk ondersteun JOEN Arts and Bags, ’n onderneming in Limpopo wat nou maskers maak om finansieel te oorleef en hul plaaslike gemeenskap te ondersteun. Optiphi stel die maskers op hul webtuiste beskikbaar. Daar is verskillende style in pragtige, kleurvolle materiale beskikbaar.

JOEN-masker, gerond sonder plooie (R95), beskikbaar aanlyn by www.optiphi.co.za

JOEN-masker met plooie (R95)

Boonop het Optiphi handreinigers begin vervaardig wat ook aanlyn by www.optiphi.co.za beskikbaar is. 

Optiphi Hand Sanitizer (R125 vir 250 ml)

Garnier

L'Oréal Paris in Suid-Afrika het begin om handreinigers te vervaardig onder die handelsmerk Garnier, wat deel van hul portefeulje vorm. 20 000 hiervan word aan die Solidariteitsfonds geskenk. 

Garnier Pure Active Hand Sanitizer Gel Hydro-Alcoholic (250 ml) is by Clicks, Dis-Chem, Takealot, Checkers, Makro en Pick n Pay beskikbaar.

Clere

Clere benadruk dat handreinigers en ’n voggewende room saam gebruik moet word om te keer dat jou hande natuurlike olies verloor en uitdroog. Clere se Pure & Protect Instant Hand Sanitiser (R25) is ook nou landwyd te koop. 

AquaMarine

Die gewilde skoonheidshandelsmerk Revlon vervaardig nou ook ’n handreiniger onder die handelsmerk AquaMarine, wat deel van hul portefeulje vorm. Boonop is 10 000 handreinigers aan die Gautengse Departement van Gesondheid geskenk. 

AquaMarine Instant Hand Sanitiser (250ml)

treemendus

Dié natuurlike reeks het pas hul eie handreiniger met heerlike teeboomolie bekend gestel.

treemendus Tea Tree Hand Sanitiser (R35 vir 100ml) Beskikbaar aanlyn by www.soil.co.za

Capewest

Die omvattende reeks sluit reinigers vir jou hande, lyf én oppervlaktes in. Boonop is die reeks veganisties met heerlike voggewende ekstrakte sodat jou vel nie uitdroog nie en beloof om nie taai op jou hande te voel nie.

Capewest Waterless Gel Sanitizer for hands and body (R85 vir 300ml) beskikbaar aanlyn by shop.capetowntoiletryco.com

Cosmetix

Dié maatskappy, wat bekende handelsmerke soos Catrice, Caribbean Tan en essence vervaardig, het pas ’n handreiniger bekend gestel. ViroClean is in drie groottes (50 ml, 200 ml en 1 L) beskikbaar. 

ViroClean Advanced Hand Sanitizer (R40 vir 200 ml) beskikbaar aanlyn by www.houseofcosmetics.co.za