Naelgiere kom en gaan, maar goedversorgde naels in ’n treffende kleur of met mooi detail sal altyd gewild wees. 

Mooi naelvoorkomste word dikwels met langer naels geassosieer, maar lang naels is ongelukkig nie almal beskore nie. As jy sukkel met bros naels wat maklik breek of jy hou eenvoudig van jou naels korter, is daar nou ’n nuwe naelgier wat jy kan probeer.

Dít moet jy probeer

Jy kry nou plakkers met ’n jel-afwerking wat jou naels in ’n kits afrond. Die plakkers hou goed en beskadig nie jou naels nie. Boonop is dit perfek vir korter naels, want jy kan die plakker ná aanwending vyl om by jou natuurlike naellengte te pas.

View this post on Instagram

Don’t let #nailwraps intimidate you ?? @heymichellelee shows off how she applies these at-home #nailart stickers.

A post shared by Allure Magazine (@allure) on

Stap vir stap

1. Kies eers die regte grootte plakker vir elke nael.

2. Plak die plakker versigtig op jou nael en druk liggies vas, ook om die rondings.

3. Vou die deel wat oorsteek, om jou nael sodat jou natuurlike naelvorm sigbaar is.

4. Vyl jou naels sodat die orige deel van die plakker loskom.

5. Wend ’n deursigtige bolaag aan.

Probeer dié produkte:

Rubi Gel Sticker Nails (R79). By Cotton On

Catrice Heavenly Holo Full Cover Nail Sticker (R65). Beskikbaar aanlyn by www.takealot.com

As jy daarvan hou om naellak te dra en verskillende naelvoorkomste te probeer, is daar op Instagram die mooiste idees vir korter naels.

Kyk net hier: