Stylvol, prettig, tydloos, uniek, klassiek ... dis hoe ons die bekroonde aktrise Rolanda Marais ken. Op Instagram deel sy die mooiste foto’s van haarself, sy is nooit bang om met kleure, patrone en vintage-items te speel nie.

FOTO Instagram / Rolanda Marais

Rolanda leer ons om óók te waag en nie bang te wees om te dra waarvan óns hou nie. Die SARIE-skoonheidspan het by die tydlose skoonheid gaan inloer en sy het ’n paar vrae beantwoord.

Jou drie moet-hê-produkte?

1. pH Formula Mela Serum, dit is wonderlik vir pigmentasie.

2. Heliocare Color Gelcream SPF50, ek hoef nie eens onderlaag te dra as ek dit aanhet nie. Dis lig en ruik heerlik en het ’n baie natuurlike voorkoms, plus dit beskerm jou vel teen die son.

3. pH Formula VITA C Serum, dit laat my vel só glad voel!

pHformula Mela Serum (R1 175)
Heliocare Color Gelcream SPF50 (R355)
pHformula VITA C Serum (R1 040)

Watter raad het jy by jou ma oor skoonheid geleer?

Sonskerm, sonskerm, sonskerm ... en om lipstiffie te gebruik as ’n blos.

FOTO Instagram / Rolanda Marais

Jou gunsteling-lipstiffie?

Bobbi Brown se Red Carpet! 

Bobbi Brown Luxe Matte Lip Color (R580)
FOTO Instagram / Rolanda Marais