Twee weke voor die grendelstaat in werking getree het, het die SARIE-skoonheidspan die O.P.I Pro Spa Hand Treatment by Salon Geisha in Hyde Park op die proef gestel.

As gevolg van die oormatige gebruik van handreiniger, was dié behandeling die perfekte kitsplan om droë en beskadigde hande te behandel.

View this post on Instagram

All the right colours. Photo credit goes to @candyz.land who is a collector of pretty pink visuals. We are glad our beautiful little nail salon made the cut!

A post shared by Salon Geisha (@salon_geisha) on

Oorweeg die effektiewe behandeling sodra die huidige vlak van inperking dit uiteindelik toelaat.

Getoets deur Suanné

As jou hande dié winter ekstra vertroeteling nodig het, is die O.P.I Pro Spa Hand Treatment (R250, by uitsoeksalonne) ’n reuse-bederf. Elke produk wat in die behandeling gebruik word, bevat cupuaçu-botter en ’n antioksidantryke wittee-ekstrak om jou hande intens te bevog en beskerm.

Eers is my naels en kutikels mooi versorg, waarna ’n afskilferaar met mikrokristalle gebruik is om dooie velselle op my hande te verwyder. Die terapeut smeer dan ’n ryk masker aan jou hande en seël dit met warm, klam handdoeklappies sodat die masker goed intrek.

Daarna word ’n room ingemasseer en ’n serum en ’n unieke seramiedsproei wat ’n beskermende lagie oor jou hande vorm, aangewend.

My hande het ná die tyd gevoed en sysag gevoel en my velkleur het helderder gelyk.