Ons is geneig om ons voete af te skeep. Slegs met die vooruitsig van ’n Desembervakansie skrik ons gewoonlik wakker om gou seker te maak dat ons voete mooi en foutloos in ons gunsteling sandale lyk.

Kouer weer wink en daarom is dit juis nóú die tyd om aandag aan daai droë, onversorgde voete te gee. 

Volg die raad:

Week jou voete in Engelse sout

Serbia
FOTO Getty Images / Gallo Images

Die vinnigste manier om van erge droogheid ontslae te raak, is om die dooie vel af te skilfer. Tap ’n skottel met louwarm water vol en voeg so bietjie Engelse sout by. Week jou voete vir so 15 minute daarin en gebruik dan ’n voetborseltjie om die dooie vel te verwyder. Die Engelse sout help om die droogheid makliker en vinniger te verwyder.

ONTHOU
Fokus slegs op die harder gedeeltes waar die vel baie droog en vlokkerig is. Moenie die sagter gedeeltes oormatig probeer afskilfer nie, dit kan die vel beskadig en bloeding veroorsaak.

Span ’n olie of room in

Dis noodsaaklik om jou voete met ’n olie of room te voed sodat jou voete gehidreerd kan bly. Masseer saans net voor jy gaan slaap jou voete met ’n olie of room in. Seël dit dan oornag met skoon katoen sokkies. Dit sal jou voete bevog en sagter laat voel.

Ekstra bederf

Daar is wonderlike voetmaskers met bestanddele soos hialuronsuur, arganolie en galambotter wat jou voete in ’n kits sal red. Dis ’n lekker spa-bederf sommer by die huis!

Probeer die produkte:

Sorbet Pedi-Care Foot Mask Hydrating & Softening (R55) By Clicks.

Skin Republic Moisture Intense Foot Mask Foot Repair 20 Minute Treatment (R45) By Clicks.

Clicks Exfoliating Foot Mask (R145) By Clicks. 

Bron: www.refinery29.com