Ons almal weet dat dit belangrik is om plaaslike besighede te ondersteun, veral tydens hierdie moeilike ekonomiese tye. Is jy regtig bewus van die magdom besighede wat plaaslik top-gehalte produkte vervaardig?

Gaan loer bietjie op dié besighede se webtuistes, verbruikers kan nie uitgepraat raak oor die gehalte en diens van verskeie plaaslike handelsmerke nie.

Ons kan waarlik trots wees op wat hier in Suid-Afrika beskikbaar is en met elke kopie probeer om die gewilde hutsmerk, #supportlocal, uit te leef.

Kyk net hier:

1. Lamelle

Lamelle is ’n Suid-Afrikaanse biotegnologie navorsingsmaatskappy wat innoverende velsorgprodukte vir die professionele- en verbruikersmark lewer. Hul omvattende reeks bevat wonderlike oplossings vir velkwale soos pigmentasie, velveroudering, droogheid en sonskade.

Besoek hul webblad hier.

2. Environ

Die legendariese Dr. Des Fernandes is sinoniem met dié gewilde velsorghandelsmerk. Dis te danke aan hom dat vitamien A die boustene van Environ se wye verskeidenheid velsorgprodukte vorm. Environ glo dat vitamien A die suurstof is wat ons vel nodig het om gesond, stralend en pragtig te wees.

Besoek hul webblad hier.

3. Kalahari

Kalahari bied skoonheidsprodukte en -behandelings wat Afrika se sensoriese ervarings weergee. Die stigter, Carina Franck het self by die plaaslike gemeenskappe naby Upington geleer van die uitstekende voordele wat plante bied. Elke Kalahari-produk en -behandeling bevat ekstrakte en olies van plante wat in Afrika voorkom om veltoestande effektief te kan behandel.

Besoek hul webblad hier.   

Het jy geweet?
Gratis aflewering vir bestellings bo R999. En 20% afslag vir alle SARIE-lesers. Vind die kode vir die 20% afslag wanneer jy die Julie-uitgawe van SARIE koop.

4. Lulu & Marula

Die trots handgemaakte en organiese reeks glo in eenvoud. Hul velsorgreeks bestaan uit wonderlike produkte soos balsems en olies, net wat jou vel nodig het om te straal en gesond te wees. Hul verpakking bestaan hoofsaaklik uit glas en karton wat maklik herwinbaar is.

Besoek hul webblad hier.

5. Skoon.

Die handelsmerk bied waarlik skoon velsorgprodukte. Met behulp van wetenskap en natuurlike bestanddele bied hul wonderlike velsorg met geen bestanddele wat jou vel kwaad sal aandoen nie. 

Besoek hul webblad hier.

6. African Extracts Rooibos

Die SA maatskappy African Extracts Rooibos se kernbestanddeel in hul produkte is die ekstrak van organiese groen rooibosteeblare. Hul vervaardig al vir meer as 15 jaar vel- en lyfsorgprodukte met ’n sterk fokus op natuurlike formules. 

Besoek hul webblad hier

7. Esse

Esse velsorgprodukte bevorder die ideale omstandighede op jou vel vir mikrobes om te groei wat voordelig vir jou velgesondheid is. Dié velsorgprodukte werk saam met jou vel se mikroflora om jouself ten volle toe te rus om homself beter te beskerm en herstel. Esse is ook trots organies en veganisties.

Besoek hul webblad hier.

8. Suki Suki Naturals

Die velsorg- en haarreeks bied natuurlike produkte wat jou vel en hare voed, kalmeer en herstel met bestanddele vanuit Moeder Natuur. 

Besoek hul webblad hier.

9. Mesh and Bo¯ne

Die handelsmerk glo dat velsorg eenvoudig en nie gekompliseerd hoef te wees nie. Met opwindende produkte soos ’n houtskool gesigwas en vitamien C skoonheidspoeier, kan ons nie wag om hierdie velsorgreeks op die proef te stel nie!

Besoek hul webblad hier

10. Naturals Beauty

Die velsorgreeks se doel is om etiese, bekostigbare en effektiewe velsorgprodukte te bied wat geen onnatuurlike en skadelike bestanddele bevat nie.

Besoek hul webblad hier.

11. Saponera

Saponera se produktereeks word van plante gemaak en is veganisties. 

Besoek hul webblad hier.

12. Oribi Organics

Oribi Organics kombineer natuurlike- en botaniese bestanddele om jou vel te voed. Die reeks bevat nie net velsorgprodukte nie, maar ook heerlike essensiële olies en badprodukte.

Besoek hul webblad hier

13. Kudu Cosmetica

Plantgebaseerde ekstrak en organiese aktiewe botaniese bestanddele vanuit Afrika is die boustene van dié velsorgreeks. Hul fokus is om velsorg te bied wat sagkens op jou vel werk vir ’n gebalanseerde en pragtige vel. Kudu spog self met ’n artikel waar die paryse Vogue met hul ’n onderhoud gevoer het.

Besoek hul webblad hier

14. Optiphi

Optiphi fokus daarop om die wanbalanse wat binne die vel geskied, te verstaan sodat dit aangespreek en reggestel kan word. Hul velsorgreeks strek verder met professionele behandelings wat by uitsoeksalonne beskikbaar is sowel as tuisbehandelings wat met die hulp van ’n virtuele sessie met ’n velsorgterapeut uitgevoer kan word.

Besoek hul webblad hier.