Wie wil nie witter tande hê nie? ’n Sprankelende glimlag is dikwels een van die heel eerste dinge wat jy van iemand raaksien.

Houtskool is al ’n hele ruk ’n gonswoord in die skoonheidswêreld danksy dié mineraal se uitstekende detoksvermoë. Nou word dit ook in tandepaste ingespan om vlekke en plaak van jou tandoppervlak te verwyder.

Geaktiveerde houtskool is ’n suiwer vorm van koolstof. Dit word verkry wanneer houtskool in die teenwoordigheid van ’n gas soos suurstof verhit word om enige onsuiwerhede uit die houtskool te verwyder. Dít verbeter die houtskool se absorberingsvermoë. Koffie, rooiwyn, tabak en enige donker gekleurde kos en –drank veroorsaak dikwels dat die boonste laag van jou tande se emalje vlek. Deur ’n tandepaste of mondproduk wat geaktiveerde houtskool bevat kan jy help om geelheid en vlekke op jou tande ligter te laat lyk.

Pas op! Moenie jou tande daagliks met ’n houtskool-produk borsel nie. As jy dit te veel gebruik kan dit jou tandemalje beskadig. Gebruik dit maandeliks en nie opeenvolgend nie.

Probeer dié produkte:

1. White Glo Activated Charcoal Whitening Toothpaste (R55)

2. Lush Boom! Toothy Tabs (R125). By Lush-winkels of aanlyn by www.za.lush.com

3. Curaprox Black is White Tough Whitening Toothpaste (R285). Beskikbaar aanlyn by www.curaprox.co.za