Ons almal ken die frustrasie. Jy verf jou naels en voor jy sien, is die naellak gesmeer en onegalig en die hele voorkoms bederf. Ja, daar is n goeie rede waarom n manikuur eerder deur n professionele skoonheidsterapeut aangewend moet word!  

Maar met die verlengde inperking het jy moontlik nou die tyd om die kuns van n foutlose manikuur onder die knie te probeer kry.

View this post on Instagram

Because the at-home mani struggle is oh, so real—Allure #HouseCalls and @betina_goldstein are here to provide reprieve. ? Check out our stories for the easy step-by-step guide we all need right now.

A post shared by Allure Magazine (@allure) on

Volg dié wenke:

  • Jy benodig die volgende: naellakverwyderaar, naelvyl, kutikelolie, basislaag, bolaag en n goeie naellakproduk.
  • Voor jy jou naels begin verf, vee eers naellakverwyderaar oor al jou naels aan. Dit sal help om enige olierigheid of stofdeeltjies te verwyder.
  • Rol die naellakbottel tussen jou handpalms om die formule te meng. 
  • Moenie die naellakbottel skud nie, dit veroorsaak lugborrels in die formule, wat kan veroorsaak dat jou naellak vinniger afdop.
  • Verf eerder n paar dun lagies as een dik laag. Dik lae neem langer om droog te word en so smeer jou naellak makliker.
  • Moet vir minstens twee uur nadat jy jou naels geverf het, nie skottelgoed was, stort of bad nie. Warm water laat jou naelbed swel en kan krakies laat vorm.

Volg dié stappe:

1. Vyl jou naels sodat almal ewe lank en dieselfde vorm is - n ovaal- of vierkantige vorm is nou gewild.

2. Wend so klein bietjie kutikelolie op jou kutikels aan om dit gevoed, sag en gehidreerd te hou. Druk jou kutikels liggies terug met n haartangetjie.

3. Verf n basislaag aan en wag so paar minute. Dit sal help keer dat die naellak jou naels verkleur en help dat die naellak egaliger aanwend.

4. Verf twee lae naellak aan, maar wag so paar minute tussen elke laag. Moenie oorhaastig wees nie!

5. Rond jou naels met n bolaag af om dit te seël en mooi te laat blink.

6. Wend handeroom aan.

Probeer een van dié voorkomste:

FOTO Instagram / Eve Meets West
FOTO Instagram / Nails from Nars
FOTO Instagram / Over Glow Edit
FOTO Instagram / Allure
FOTO Instagram / Allure
FOTO Instagram / Betina Goldstein

Bronne: www.allure.com, www.nylon.com