Nie seker in watter rigting jy wil studeer nie? Of wil jy graag ’n loopbaanskuif maak? Dalk is somatologie jou antwoord!

Somatologie is ’n dinamiese veld wat verskeie loopbaanmoontlikhede bied.

Wat is somatologie?

Somatologie is ’n multi-dissiplinêre studie van die menslike liggaam. Somatoloë behandel die vel en liggaam deur ’n holistiese benadering in te span.

Dit vereis kundigheid en ervaring, en om te kwalifiseer moet studente ’n 3-jaar-kursus voltooi. 

Isa Carstens Akademie se somatologie-kursus behels vel- en lyfsorg. Studente word opgelei in verskeie tegnieke en behandelings soos hand- en voetbehandelings, masseringstegnieke soos aromaterapie, refleksologie en limfdreinering, chemiese afskilfering en mikrodermabrasie, en tydelike en permanente ontharing. 

As ’n somatoloog is jy opgelei in:

• Anatomie en fisiologie

• Dieet en voeding

• Biotika

• Besigheidspraktyk

• Navorsingsmetodiek

• Chemie van kosmetiese produkte

Praktiese komponente sluit in:

• Hand- en voetbehandelings

• Grimering

• Basiese gesigsbehandelings

• Gevorderde gesigsbehandelings soos mikrodermabrasie en chemiese afskilfering

• Verskeie masseertegnieke en limfdreinering

• Holistiese behandelings

• Haarverwyderingstegnieke

• Spa-behandelings

Waar kan ek dit studeer?

Isa Carstens Akademie bied ’n 3-jaar-kursus in somatologie aan. Die kursus is geakkrediteer deur die Raad van Hoër Onderwys en word internationaal erken deur CIDESCO. Isa Carstens is in 1978 gestig, en met 40 jaar in die bedryf is hulle Suid-Afrika se mees gerespekteerde en gesogte skoonheidsakademie. 

Daar is ’n Isa Carstens-kampus in Pretoria en op Stellenbosch, en buiten die somatologie-diploma word verskeie kort- en gevorderde kursusse en praktiese modules aangebied. 

Hoe lyk die toekoms?

Die diploma is jou internasionale paspoort na wêreldwye geleenthede. 

Jy kan in ’n verskeidenheid rigtings ingaan – spesialiseer in mediese estetika, skoonheidsbehandelings of grimering; werk op passasierskepe, in ’n spa of kliniek; of verower die korporatiewe wêreld as ’n skoonheidskonsultant of verkoopsverteenwoordiger.

Met die kwalifikasie agter jou naam kan jy ook met selfvertroue jou eie besigheid op die been bring. 

Besoek Isa Carstens Akademie se webwerf vir meer inligting en woon die ope dag op 31 Augustus by. Aansoeke vir 2019 is nou oop! 

OPEDAG: Somatologie en skoonheids-kortkursusse 

31 Augustus, 09:00 – 15:00

Plek: Stellenbosch of Pretoria-kampus

Isa Carstens Akademie se somatologie-kursus behels basiese en gevorderde vel- en lyfsorg. Studente word opgelei met in-diepte teorie, kennis van die vel en die liggaam en ’n holistiese benadering tot behandelings. 

As jy belangstel in ’n opwindende plaaslike of internasionale loopbaan as Somatoloog, kom maak gerus ‘n draai by Isa Carstens Akademie se Stellenbosch of Pretoria kampusse en koshuise.

Die opedag begin om 09:00 en daar word twee aanbiedinge gedoen, 09:00 en 12:00.  

RSVP jou sitplek hier:

Pretoria: Michelle - 079-951-5968

Stellenbosch: Theresa - 082-807-4426 

www.isacarstens.co.za