Die meeste van ons se somervakansie is al verby … maar dit beteken nie jy hoef nou jou sonbruin lyf totsiens te waai nie. Deesdae is daar ’n magdom selfverbruiningsprodukte beskikbaar om jou lyf vinnig en maklik ’n bietjie kleur te gee. Kies een wat vir jou werk.

1. Vogroom met verbruiningsbestanddele

’n Klein hoeveelheid van die middel wat jou vel verkleur, word by ’n vogroom gevoeg. Soos wat jy die vogroom daagliks gebruik, verbruin jou vel geleidelik. Dit sorg vir ’n ligte songoue glans.

Perfek vir:

Om jou sonbruin vel ná die vakansie in stand te hou of vir iemand wat skrikkerig is vir ’n verbruiningsproduk.

New year, same tan ???? We’re all bronzed up and ready for 2018 ????

A post shared by Caribbean Tan Official (@mycaribbeantan) on

2. Verbruiningsroom (cream of lotion)

Omdat dit ’n roomtekstuur het, is dit maklik om die produk aan te wend. Die meeste formules is bruin en dit is dus maklik om te sien waar jy dit al aangewend het. Jy het ook ekstra tyd om die produk mooi in te smeer omdat dit langer neem om te absorbeer en droog te word. Wend dit in sirkelbewegings oor jou vel aan met jou hande of ’n sagte handskoen (mitt).

Perfek vir:

Iemand wat ’n selfverbruiningsproduk vir die eerste keer beproef.

Wenk:

Skilfer eers jou vel goed af voor jy so ’n produk gebruik. Die kleur sal makliker absorbeer en langer hou. Skeer ook vooraf jou beenhare.

3. Verbruiningsmousse

Dié produk sorg vir donkerder verbruining. Omdat die formule vinnig droog word, kan jy dit laag op laag aanwend vir ’n dieper kleur. Wend dit in sirkelbewegings oor jou hele lyf aan met ’n sagte handskoen.

Perfek vir:

Iemand wat al ’n geruime tyd selfverbruiningsprodukte gebruik of as jy ’n donker sonbruin wil hê.

4. Verbruiningsproei

Dit gee egalige ligte verbruining. Hou die spuitbotteltjie sowat 30 cm van jou lyf en spuit die produk van jou voete tot by jou kakebeenlyn.

Perfek vir:

Iemand wat gerief soek. Omdat jy die produk aanspuit, bedek dit groot dele van jou lyf vinnig en maklik.

Wenk:

Wend ’n bietjie vogroom op droër dele soos jou knieë en elmboë en die bokant van jou voete aan. Dit sal voorkom dat te veel van die produk hier geabsorbeer word en dit donkerder as die res van jou lyf is.

Probeer dié top-produkte:

1. Dove DermaSpa Summer Revived Body Lotion with Self-Tanners (R90)

2. California Tan Instant Sunless Lotion (R440)

3. Vita Liberata Luxury Tan 4-7 Day Tan Mousse (R895)

By uitsoeksalonne en -spa’s en aanlyn by www.vitaliberata.co.za

4. Caribbean Tan Self Tan Tan in a Can Instant (R100)

5. Skinny Tan Tanning Mitt (R129)