Dink jy aan ’n baba se vel, dink jy aan ’n sysagte, vlekkelose vel wat heerlik ruik. Dis wel nie altyd die geval nie, babas se velletjies is sensitief, broos en dunner as ’n volwassene se vel wat makliker tekens van tekortkominge kan wys.

Boonop is die kleinspan se vel nie só goed bestand om teen eksterne faktore soos baktiereë, effektiewe beskerming te bied nie.  

Goeie reiniging, bevogtiging en beskerming teen die son is baie belangrik om jou kleinding se vel se sperfunksie so goed as moontlik toe te rus om velkwale soos droogheid, ekseem of ’n veluitlsag af te weer.

Dis soms ’n raaisel om uit te pluis wat die beste vir jóú baba of kleuter se vel is. Maak seker jy pas die onderstaande wenke toe.

Volg die wenke:

  • Kies natuurlike velsorgprodukte wat sagkens werk en spesiaal vir jou kleinding se vel geformuleer is. Die regte velsorg sal bestanddele soos alkohol of chemikalieë beperk wat dalk skadelik vir jou kind se vel kan wees.
  • Beperk badtyd, volgens ’n aanlynartikel van thebump.com is so drie keer ’n week voldoende. Oormatige badtyd kan jou baba of kleuter se vel onnodig uitdroog en kosbare natuurlike olies verwyder wat hom of haar teen eksterne faktore help beskerm.
FOTO Instagram / Nunuki
  • Keer dat jou baba of kleuter se vel uitdroog deur gedurig ’n dik lyfroom aan te smeer. Lyfroom sal help om vog in te seël, sodat dit nie verlore gaan en die vel vreeslik uitdroog nie.
FOTO Instagram / Oh-Lief Natural Products
  • Stadig met onnodige sonblootstelling, want babas tot en met ses maande oud moet verkieslik nie sonskerm dra nie. Daar is nog nie voldoende bewyse dat dit veilig vir babas is om te gebruik nie.
  • Vermy ’n veluitslag deur gereeld jou kleintjie se doek te ruil. Maak seker dié area bly nie klam nie en wend gereeld ’n dik, beskermende velroom met sink aan om die area waaraan babadoeke konstant teen die vel skuur, goed beskerm word.
FOTO Instagram / Nunuki

Probeer dié oulike velsorgreekse:

Nunuki for Little Humans Travel Set (R414) Beskikbaar aanlyn by www.nunuki.co.za

Optiphi Elements Baby and Kids Range (Pryse vanaf R ) Dié reeks is eers Augustus beskikbaar, besoek www.optiphi.com vir meer inligting. 

Mustela No Rinse Soothing Cleansing Water (R200) Beskikbaar aanlyn by www.dermastore.co.za

Oh-Lief Natural Olive Baby Shampoo & Wash (R170 vir 400ml) Beskikbaar aanlyn by www.ohlief.com

Pure Beginnings Probiotic Baby Sensitive Body Cream (R125 vir 250ml) Beskikbaar aanlyn by www.purebeginnings.co.za

Eli & You Cradle Cap Oil (R98) Beskikbaar aanlyn by www.faithful-to-nature.co.za

Bronne: www.thebump.com, www.rch.org.au