Vandag vier ons Valentynsdag. Dis nie te sê dat jy iemand spesiaals in jou lewe moet hê om die dag van die liefde te vier nie! Valentynsdag gee jou net so ’n goeie verskoning om jouself te bederf, sê die skoonheidsreeks Clere in ’n onlangse mediaverklaring.

En volgens die internasionale skrywer Louise Hay is dit belangrik om te weet hóé om vir jouself lief te wees. Dit maak dat jy beter voel oor jouself en beter vaar in verskeie aspekte van jou lewe. Jy moet vir jouself tyd opsysit. Selfliefde behoort jou prioriteit te wees.

Só pamperlang jy:

Gaan vir ’n manikuur of pedikuur

FOTO Unsplash

Ons is geneig om ons naels af te skeep, maar tog is daar niks lekkerders as om pragtige naels te hê nie.

Besoek jou haarsalon

FOTO Unsplash

Gaan vir ’n haarbehandeling óf probeer ’n nuwe haarstyl of haarkleur.

Vat ’n middagslapie

FOTO Unsplash

Skakel jou foon af, wend ’n oogmasker aan en maak seker jy rus behoorlik uit. Slaap is noodsaaklik om uitputting te vermy.

Ontspan in die bad

FOTO Unsplash

Die warm water sal jou spiere help ontspan en jou gemoed kalmeer. Bevog jou lyf agterna met ’n hidrerende lyfroom.

Probeer dié produkte:

Clere Pampering Body Lotion Powder Fresh (R20)

The Body Shop Berry Bon Bon Softening Body Lotion (R130)

Sorbet Salon Body Body Lotion (R89)