Die 27-jarige bedryfs- en logistieke bestuurder van Alberton, Schané Venter, is onlangs as SARIE Voorbladgesig 2019 aangewys. Haar voorkoms en lyftaal doen die praatwerk op die Oktober-uitgawe.

"Modern en mooi - voorbladmooi - ís sy. Maar jy sien ook stilte en empatie. En ’n lus vir die lewe, om die wêreld te oorwin. Dis Schané se eintlike mooi ..." het SARIE-redakteur Michélle van Breda gesê.

FOTO Leana CR

Schané is selfversekerd en weet waarvan sy hou. Die SARIE-skoonheidspan het met haar gesels oor haar gunsteling-Jimmy Choo-parfuum.

1. Wat is jou gunsteling-Jimmy Choo-parfuum? 

Jimmy Choo Illicit

Kies Jimmy Choo Illicit (R1 595 vir 100 ml EDP) vir ’n aand uit. Gemmer en bitterlemoen is versoet met heuning, amber en sandelhout

2. Hoekom hou jy daarvan? 

Die reuk is baie uniek. Jy wil twee keer ruik. Dit is baie subtiel, maar steeds maak dit ’n impak.

3. Hoe laat dit jou voel? 

Die reuk van Illicit vang die essensie van ’n vrou vas. ’n Vrou wat impak maak. Ek kan voel hoe bly die reuk agter as ek verbystap, so dit voel of ek ’n stukkie van my agterlos waar ook al ek gaan. 

4. Wanneer verkies jy om dit te dra? 

Dis seker meer gepas vir die aand, maar ek dra dit graag as ek weet ek gaan deur die dag met mense in aanraking kom of ’n belangrike vergadering hê. Dit gee my net daardie ekstra bietjie selfvertroue.

5. Hoekom is dit belangrik dat ’n vrou parfuum dra?

Elke vrou los ’n visuele indruk waar ook al sy gaan. Parfuum is daardie X-faktor, die geur wat jy agterlaat. Só onthou mense jou nie net vir hoe jy lyk nie, maar ook hoe jy ruik.

Glansgeur vir haar!

“Dis onkonvensioneel genoeg om saam met leer aan te tik, en elegant genoeg om op sy[materiaal] te spuit.” Só beskryf Jimmy Choo die moderne Oosterse blomgeur Jimmy Choo Illicit (R1 595 vir 100 ml EDP). Dié geur met sy intense soet basis van heuning, amber en sandelhout is ideaal vir ’n luukse aand uit.

Saam met rose en jasmyn in die hart en topnote van gemmer en bitterlemoen is dit ’n glansryke onthougeur wat selfvertroue en aanloklikheid uitstraal.

Het jy geweet?
Die sjiek parfuumbottel is ontwerp om soos ’n Art Deco- styl kristalglas te lyk.

SARIE Voorbladgesig word trots aangebied in samewerking met Jimmy Choo ParfumsINOARIsa Carstens Akademie en Kalahari Lifestyle