Wit blomme, vanielje en hout is van die gewildste bestanddele in die seisoen se nuutste parfuums 

1. Laventel vermeng met jasmyn en vanielje in Yves Saint Laurent Libre (R1 570 vir 50 ml EDP) is tegelyk vars en heerlik soet. 

2. Die ryk blomgeur Berdoues Collection Grands Crus Guaria Morada (R1 595 vir 100 ml EDP) is geïnspireer deur ’n tropiese blom van Costa Rica. By uitsoekwinkels van Foschini en Truworths 

3. Die kombinasie van vier verskillende houtnote gee aan Hugo Boss Boss Alive (R1 890 vir 80 ml EDP) ’n warm, romerige eienskap. 

4. Dié geur neem jou van dag tot aand met note van sitrus, pienk peper, vanielje en patsjoelie – Missguided Babe Night (R745 vir 80 ml EDP). By Foschini