Ons almal ken die goue reël: mooi van buite beteken mooi van binne. Wat ons eet en drink, het ’n groot invloed op hoe ons vel, naels en hare lyk. 

Die SARIE-skoonheidspan het met Anneen Middel, dieetkundige van Pretoria, gesels. Sy stel maklike resepte voor met die sterbestanddele wat nodig is om velveroudering teen te werk en ’n mooi, glansende vel te verseker. Die bestanddele is maklik verkrygbaar en die resepte kan vir vrugteskommels of ysstokkies gebruik word.

FOTO: Getty Images / Gallo Images

Volgens Anneen vind velveroudering om twee redes plaas: "Eerstens verouder jou vel biologies van binne soos wat jy ouer word. Eksterne faktore soos sonblootstelling, min slaap en ’n swak dieet het ook ’n invloed.

"Navorsing wys dat die inname van antioksidante jou vel teen vrye radikale beskerm. Vrye radikale breek kollageen af wat tot fyn lyntjies en ’n verlies aan fermheid lei. Deur voedselsoorte ryk aan vitamiene A, C en E in te neem kan jy jou vel help om homself beter teen die eksterne aanslae te beskerm." 

FOTO: Getty Images / Gallo Images

Probeer dié slim resepte, wat nie net heerlik verfrissend vir die somer is nie, maar ook voordelig vir jou vel: