Ons almal het dit al ervaar … Ná jy die oggend grimeer het lyk jy foutloos en jou vel mat met die perfekte glans. Teen middagete is jy geskok om te sien jou hele vel blink en lyk skielik olierig.

’n Natuurlike stralende vel is nou hoogmode, maar vir dié van ons wat geneig is tot ’n olierige vel is dit soms moeilik om ’n gelaat te skep wat “straal” en nie “blink” nie. Jou vel begin deur die dag blink weens sebum wat op jou vel se oppervlak opbou. Die deel waar sebum gewoonlik die meeste opbou is jou T-sone. Oortollige sebum kan naderhand lei tot puisies en aknee.

FOTO: Getty

Volg dié wenke om ’n blink, olierige gelaat te voorkom: 

1. Gebruik daagliks ’n verfrisser (toner)

Sodoende word enige oortollige olie ná reiniging verwyder en jou vel se pH-balans word herstel.

2. Kies ’n olievrye gesigroom

As jou vel reeds olierig van nature is, is dit nie nodig om van ’n gesigroom gebruik te maak wat ekstra olie tot jou vel voeg nie.

3. Gebruik ’n basislaag wat ’n matafwerking het

Dis die perfekte keuse om oortollige olie te absorbeer en jou vel ’n matafwerking wat heeldag hou te gee.

4. Gebruik onderlaag wat olievry is of ’n matafwerking het

Dié onderlae is spesifiek geformuleer om blinkheid te verhoed, maar jou steeds te laat straal. Wees op die uitkyk vir woorde soos "mattifying", "oil-free", "longwear" en "powder foundation" op die verpakking.

5. Dra altyd gesigpoeier in jou handsak

Sodoende kan jy blinkheid wat deur die dag opbou, verbloem.

6. Wend weekliks 'n masker aan

'n Masker help om alle onsuiwerhede te verwyder wat tot minder olierigheid sal bydra.

Probeer dié produkte:

    1. Eucerin DermoPURIFYER Toner (R156)

    2. Estée Lauder Matte Perfecting Primer (R475)

    3. Bobbi Brown Skin Long-Wear Weightless Foundation SPF15 (R635)

    4. L’Oreal Paris Infallible Stay Fresh Foundation (R230)

    5. Elizabeth Arden Mineral Powder Foundation SPF20 (R485)

    6. Kalahari Lifestyle Activated Charcoal Mask (R424) Beskikbaar by uitsoeksalonne en aanlyn by www.kalaharilifestyle.com