Teenverouderingsraad en -hulpmiddels is konstant op almal se lippe. Dit help veel ons hou by ’n streng velsorgroetine, maar verander nie die slegte gewoontes wat ’n negatiewe impak op ons vel het nie. Volgens 'n persverklaring van Nikel Cosmetics is daar verskeie gewoontes wat onbewustelik ons vel vinniger en makliker laat verouder.

Vermy dié 5 gewoontes:

1. Jy drink te veel alkohol

Verhoogde alkohol-inname het ’n negatiewe invloed op jou liggaam se vermoë om antioksidante en vitamiene te absorbeer. Antioksidante is noodsaaklik vir die vervaardiging van kollageen en elastien. Boonop versterk dit jou vel en help om jou vel soepel te hou. Verder kan alkohol tot dehidrasie en inflammasie lei.

BEVERLY HILLS, CA - JANUARY 06: Lady Gaga attends
FOTO Getty Images / Gallo Images

2. Jy dra nie ’n sonbril nie

’n Beskermende gepolariseerde sonbril is ideaal om jou oë en die dun vel om jou oë teen UV-strale te beskerm. Ons is geneig om ons oë te trek wanneer ons in direkte sonlig kyk. Deur ’n goeie sonbril te dra, kan jy onnodige fyn lyntjies voorkom.

FOTO Instagram / Nina Dobrev

3. Jy vergeet om oogroom daagliks aan te wend

Die vel om ons oë is baie dun en het minimale oliekliere. Gebruik ’n oogroom wat peptiede bevat, want dit stimuleer kollageenproduksie wat fyn lyntjies help voorkom. Dis noodsaaklik om al in jou twintigs ’n goeie oogroom te begin gebruik.

FOTO Instagram / Kaia Gerber

4. Jy eet te veel suiker

Hoë bloedsuikervlakke verminder die kollageen wat in ons vel aangetref word. Suikermolekules bind met kollageen en veroorsaak dat die kollageen hard word en nie meer so doeltreffend vervroegde velveroudering kan teenwerk nie, berig Elle aanlyn.

FOTO Instagram / Selena Gomez

5. Jy drink nie genoeg water nie

Moet nooit die belangrikheid van waterinname onderskat nie. Velselle bestaan hoofsaaklik uit water, dus is dit belangrik om gehidreerd te bly. ’n Vel wat goed bevog is, lyk meer plomp en soepel. Dehidrasie lei tot velveroudering met fyn lyntjies en plooie wat meer sigbaar is.

FOTO Instagram / Rolene Strauss

Probeer dié produkte:

1. Clinique All About Eyes (R500)

2. Nikel Nikelift Face Cream (R995)

3. GLAMGLOW Waterburst Hydrated Glow Moisturizer (R660)

Bronne: www. shape.com, www.elle.com.au