FOTO Instagram / Linda Evangelista

Die Kanadese supermodel Linda Evangelista het in die 90’s die wêreld se loopplanke oorheers. Met haar ikoniese kort haarstyl, groenblou oë en foutlose gelaatstrekke het sy al op meer as 700 voorblaaie gepronk. 

View this post on Instagram

Happy 30th Anniversary @voguespain Thank you for the beautiful memories. #vogue30 ??

A post shared by Linda Evangelista (@lindaevangelista) on

In ’n onlangse onderhoud met W Magazine erken sy dat sy met melasma, ’n vorm van hiperpigmentasie, sukkel. "Wanneer ek met mense gesels, wonder ek altyd of hulle die melasma op my gesig raaksien," sê Linda. 

Ja, dié destydse muse van die fotograaf Steven Meisel en ontwerpers soos Gianni Versace en Karl Lagerfeld is ook selfbewus oor hierdie velkwessie.

View this post on Instagram

♥? I will love my Oribe forever. ♥? #family ??

A post shared by Linda Evangelista (@lindaevangelista) on

Hiperpigmentasie is algemeen onder sowel vroue as mans met verskillende veltipes. Dis belangrik om te weet wat die verskillende tipes is, hoe dit vorm, watter produkte jy kan inspan en hoe dit effektief behandel kan word.

Het jy geweet?
Hiperpigmentasie is die gevolg van klein tentakelagtige selle aan die onderkant van jou vel se epidermis, genaamd melanosiete, wat die pigment melanien afskei. Soms word hierdie selle oorgestimuleer en vervaardig dit meer melanien as normaalweg. Soos die pigment na die veloppervlak beweeg, vorm dit bruin, oneweredige vlekke wat mettertyd al hoe meer sigbaar word.

Tipes hiperpigmentasie

1. Melasma

Hoe lyk dit?

Dié tipe hiperpigmentasie vorm simmetries oor jou gesig, m.a.w. die donker vlekke vorm identies aan die linker- en regterkant van jou gesig. 

Dis algemeen onder ...

Swanger vroue, maar ook mans by wie genetika en ’n hormoonwanbalans ’n rol speel.

2. Son- en ouderdomsvlekke

Hoe lyk dit? 

Dit lyk soos vergrote sproete. Die merke is sigbaar op die areas van ons liggaam wat gereelde sonblootstelling kry. Dit vermeerder en vergroot soos wat ons ouer word.

Dis algemeen onder ...

Mense met ’n ligter vel. 

3. Hiperpigmentasie weens inflammasie

Hoe lyk dit?

In reaksie op velbeserings soos snye, wonde of erge aknee word te veel melanien afgeskei, wat donker letsels laat op die deel van jou vel wat beskadig is. 

Dis algemeen onder ...

Diegene met ’n donker vel, maar ook ander mense. As jy met aknee sukkel, sal dit ook makliker sigbaar wees. 

Wenke:

  • Wend daagliks sonskerm aan om verdere donker vlekke te help voorkom.
  • Kies velsorgprodukte wat antioksidante soos vitamien A, C en E bevat. Antioksidante beskerm jou velselle en maak jou vel meer bestand teen sonblootstelling.
  • Gebruik velsorgprodukte wat melanienvervaardiging help reguleer en jou vel verhelder.