Die koningin van selfies en realiteitster, Kim Kardashian, deel graag op sosiale media haar alewige stryd met die velsorgsiekte psoriase. Sy het al verskeie mediese behandelings en raad probeer om die gepaardgaande simptome te verlig. 

Wat is psoriase?

Volgens Stephnie-Anne Dickinson, opleidingshoof van die velsorgreeks Optiphi, is psoriase 'n misterieuse en onverklaarbare velkwaal. Dit word hoofsaaklik aan jou immuunsisteem en gene gekoppel. "Psoriase is die ooraktiewe vervaardiging van velselle. Dit lei tot 'n oneindigende siklus waar nuwe velselle te vinnig na die vel se oppervlak beweeg. Die velselle bou dan op in die vorm van droë, jeukerige skubberigheid." 

Wat veroorsaak psoriase?

Daar is verskeie faktore wat 'n rol kan speel. Stres, genetika, hormone en infeksie kan psoriase veroorsaak.

Simptome:

  • Rooi gedeeltes wat op jou vel vorm met 'n dik, skubagtige tekstuur
  • Klein vlokkerige kolle
  • Droë, oopgebarste vel wat maklik bloei
  • Jeukerigheid
  • Brand en gloeiende gevoel
  • Seer en sensitiwiteit
  • Geswelde en stywe gewrigte

Behandeling:

Dié doel van behandeling is om die spoedige vervaardiging van velselle te vertraag. Die simptome van psoriase kan verlig word deur aktiewe bestanddele soos peerekstrak en seramied aan te wend. Dit kalmeer, hidreer, beskerm teen stresfaktore en herstel die epiderms-laag van jou vel. "Ernstige gevalle benodig mediese hulp waar kortikosteroïede voorgeskryf word. Dit kom in die vorm van salf en selfs pille voor," sê Stephnie-Anne.

Probeer die produkte:

Optiphi Curve Calm Balm (R1200)

Oribi Organics Cure-All Antiseptic Ointment (R135). Beskikbaar aanlyn by www.faithful-to-nature.co.za

Hope's Relief Moisturising Lotion (R283). Beskikbaar aanlyn by www.faithful-to-nature.co.za