Slegte gewoontes en ’n ontoereikende velsorgroetine kan baie daartoe bydra om ons vel voortydig te verouder. Natuurlik speel jou gene ’n rol, maar van jou kant af kan jy baie doen om seker te maak jou vel bly mooi soos jy ouer word.

Raak van dié gewoontes ontslae:

1. Jy is te begaan oor jou sonbruin voorkoms

Of jy nou in die son of op ’n sonbed lê, jy verhoog jou kans om velkanker op te doen. Boonop beskadig dit jou velselle, wat velveroudering aanhelp. Fyn lyntjies, plooie, pigmentasie en vlekke is dan jou voorland.

2. Jy dra slegs sonskerm as jy op pad strand toe is

Dis nie net die son waarteen jou vel beskerm moet word nie, die blou lig wat jou selfoon- en rekenaarskerm uitstraal is net so gevaarlik! Kies ’n dagroom met ’n SBF sodat jy dit maklik deel van jou velsorgroetine kan maak. Dis belangrik om ook jou nek- en borsarea, hande en arms in te smeer.

Young female in the bathroom looking in the mirror
FOTO Getty Images / Gallo Images

3. Jy bevog nie jou vel genoeg nie

’n Behoorlik gehidreerde vel is minder geneig om veroudering te wys. Wees op die uitkyk vir formules met hialuronsuur (HA), wat vog soos ’n magneet aantrek.

4. Jy karring te veel aan jou vel

Soos wat jy ouer word, raak dit vir jou vel ál moeiliker om te herstel nadat jy aan puisies gepeuter het. In die proses om die skade te herstel vorm jou vel ’n oormaat van pigment, wat akneemerke tot gevolg het.

Young female in the bathroom looking in the mirror
FOTO Getty Images / Gallo Images

Bron: www.cosmopolitan.com