Loer jy binne jou ma of ouma se medisynekas en petroleumjellie sal jy daar vind. Dié staatmakerproduk dien meer as net een doel: Dit beskerm ’n droë vel, help om ligte brandwonde te genees, kalmeer ’n geïrriteerde en jeukerige vel en hou jou lippe sag en gehidreerd. 

Die storie agter petroleumjellie:

Volgens Vaseline se webtuiste het die chemikus Robert Chesebrough in 1859 'n onverfynde vorm van petroleumjellie as 'n neweproduk van olie in Pennsylvania, Amerika, ontdek. Die werkers by die olieraffinadery het dit gebruik om hul wonde te help genees. Robert het die genesende potensiaal van dié "wonder"-jellie bestudeer en 'n ligter, bruikbare mengsel vermeng. Vaseline soos ons dit ken, was vanaf 1865 in Amerika te koop. 

Waarvan word petroleumjellie gemaak?

Dis 'n mengsel van natuurlike was en mineraalolies. Dit ondergaan 'n drievoudige suiweringsproses om te verseker dat alle onsuiwerhede en borrels verwyder word, vandaar die sysagte tekstuur.

Voordele van petroleumjellie:

  • Dit vorm 'n beskermende laag op jou vel.
  • Dit herstel en beskerm jou vel teen droogheid en seël vog in.
  • Dit kalmeer 'n geïrriteerde vel.
  • Klein snytjies en brandwonde genees vinniger.
  • Jou vel bly sag.
  • Dit help om jou vel bevog en gehidreerd te hou.
  • Dit gee jou vel 'n gesonde gloed.

Slim maniere om petroleumjellie te gebruik:

1. Skilfer jou lippe af

Voeg 'n halwe teelepel suiker by 'n klein hoeveelheid Vaseline en wend dit op jou lippe aan. Skilfer jou lippe in sirkelbewegings af.

2. Hou jou wenkbroue mooi in plek

Kam met 'n klein haarkammetjie deur Vaseline en kam dan jou wenkbrouhare effens opwaarts om die perfekte wenbrouvorm te verkry.

3. Verligter vir jou wangbene

Wend so bietjie Vaseline opwaarts bo-op jou wangbene aan om 'n glansende, douerige grimeervoorkoms te skep. 

4. Pragtige naels

Wend Vaseline rondom jou naels aan voordat jy dit verf, dít sal keer dat naellak wat op jou vel beland, droog word. 

Probeer die produk:

Vaseline Journey Of A Jar Limited Edition (R32 vir 250 ml) 

Dié pragtige verpakking verbeeld verskillende kulture en lande. Kleurvolle kralewerk, patrone en kleure is op die verpakking te sien. Dít vier die magdom individue wat Vaseline gebruik. Dit skep ook bewustheid rondom mense wie se grootste orgaan ly aan velkwale en -siektes as gevolg van faktore soos natuurlike rampe en armoede regoor die wêreld.

Vaseline het in 2015 die Vaseline Healing Project gestig in samewerking met Direct Relief, 'n internasionale mediese organisasie. Dié projek verskaf dermatologiese sorg, mediese voorraad, Vaseline produkte en mediese opleiding. Hulle beoog om teen 2020 ten minste 5 miljoen mense se velgesondheid te verseker en ernstige velsiektes teen te staan. Dié reeks vier die gemeenskappe en kulture wat deur die projek geraak is.

Bron: www.vaseline.com