Kan dit wees dat die geheim vir ’n pragtige, stralende vel borrelende sodawater is? Al meer vroue in Japan en Korea was hul gesigte met produkte wat koolsuurgas bevat, berig die Amerikaanse tydskrif Cosmopolitan aanlyn.
Die water reinig glo jou vel nóg
dieper as gewone water. Die koolsuurgas raak makliker van olie en vuilheid wat
jou porieë verstop ontslae en stimuleer bloedsirkulasie na jou veloppervlak.
Daarby is sodawater se pH-balans dieselfde as jou vel s’n, terwyl kraanwater
dikwels meer alkalies is. Die buitenste laag van jou vel word dus nie versteur nie en só sal jou
vel nie so maklik uitdroog of geïrriteerd raak nie.
Maar pas op, moenie jou vel
daagliks met sodawater was nie. Die koolsuurgas kan ’n sensitiewe vel oor tyd
irriteer. Jy kan ook sodawater met ’n wattetjie liggies aan jou vel aanwend.
Wat dink jy? Sal jy jou gesig met sodawater was?
ronne: www.cosmopolitan.com, www.allure.com,
www.dailymail.co.uk
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET