Talle bekendes deel foto’s van hul “no-makeup selfies” aan boord. Party deel selfs hul velsorgroetines wat hul bo seevlak beoefen. Nie alle reisigers het die luukse van eersteklas geriewe op ’n vlug wat jou velsorgroetine sal vergemaklik nie.

Dit is egter steeds belangrik om jou velsorgroetine aan te pas. Sodoende kan jy op 'n gerieflike wyse na jou vel tydens lang vlugte omsien. 

Mask on

A post shared by ?? (@bellahadid) on

Daar is verskeie faktore wat daartoe bydra dat jou vel tydens ’n vlug swaarkry. Faktore soos lugdruk en lugversorging aanboord het ’n negatiewe invloed op jou vel. Jou vel raak gedehidreerd en voel uitgedroog. Aangesien jou grimering vir ’n langer tydperk op jou vel is, kan dit jou porieë verstop en tot ’n veluitslag of aknee lei. Ons fokus moet dus na minimale grimering en bevogtiging tydens lang vlugte verskuif.

A post shared by Gigi Hadid (@gigihadid) on

Nie almal is gemaklik daarmee om sonder grimering in die openbaar te verskyn nie. Daar is sekere wenke wat jy kan volg om goed te lyk én te verseker dat jou vel nie daaronder ly tydens lang vlugte nie.

Volg die wenke:

1. Gebruik ’n BB-room, wat bestaan uit 'n getinte bevogtiger, onderlaag en sonskerm. Dit sal vir ligte bedekking sorg wat jou vel mooi foutloos laat lyk én bevog hou.

2. Tydens languur vlugte verwyder jou grimering sodra jy op die vliegtuig klim. Gebruik misel-water om jou grimering maklik te kan verwyder en jou vel te bevog.

3. Wend ’n bevogtiger aan wat vitamien E en klapper- of olyfolie bevat.

4. Gebruik ’n serum wat antioksidante soos askorbiensuur, vitamien E of druiwepit-ekstrak bevat.

5. Wend sonskerm aan. Ons word nóg erger aan UV-strale in die lug blootgestel.

Probeer dié produkte:

1. The Body Shop All-In-One BB Cream (R240) 

2. Garnier BB Cream Pure Active (R125)

3. Neutrogena Hydro Boost Cleanser Micellar Water (R100)

4. Sorbet Salon Skin 3-In-1 Micellar Cleansing Water (R60)

5. The Body Shop Vitamin E Hydrating Face Mist (R150)

6. Elizabeth Arden Eight Hour Cream Skin Protectant (R299)

7. Nivea Perfect & Radiant Event Tone Overnight Serum (R190)

8. Clinique SPF30 Mineral Sunscreen Fluid For Face (R360)

Bronne: www.refinery29.com, www.harpersbazaar.com