Gesigwas is deel van ons daaglikse velsorgroetine. Dis noodsaaklik om ou grimering, sweet en ander vuiligheid te verwyder en te keer dat jou porieë verstop raak. Boonop stel dit jou vel deur die dag en snags in staat om homself weer te vernuwe en te herstel.

Die plaaslike velsorgreeks Fino Cosmetics deel die grootste moets en moenies van gesigwas.

Moets

1. Gebruik louwarm water sodat vuiligheid makliker verwyder kan word. Pasop vir té warm water, want dit kan jou vel van sy natuurlike olies stroop en tot dehidrasie lei. Enige uiterste temperature - dus ook te koue water - kan tot irritasie of selfs ’n veluitslag lei. 

2. Spoel jou gesig behoorlik af. Enige gesigseep wat op jou vel agterbly, kan jou porieë verstop.

3. Dis ideaal om in die stort jou gesig te was. Die stoom help om jou porieë oop te maak sodat jou gesigseep dieper in jou porieë kan skoonmaak.

4. Belê in ’n goeie gesigseep wat vuiligheid sal verwyder sonder om jou vel van sy natuurlike olies te stroop.

Moenies

1. Moenie jou gesig met lyfwas was nie. Lyfwas sal jou vel van sy natuurlike olies stroop, wat jou pH-vlakke sal verhoog en tot ’n droë vel lei.

2. Vermy die hergebruik van gesiglappies. Dit dra tot die verspreiding van bakterieë by.

3. Moenie oorhaastig wees nie. As jy gereeld aan jou vel ruk en pluk kan dit op die lange duur jou vel laat uitsak. Gebruik sirkelbewegings wanneer jy jou gesig was en druk jou vel liggies droog.

4. Moenie jou gesig té gereeld was nie. Twee keer per dag is genoeg om die regte vogbalans te handhaaf.

Probeer dié produkte:

1. Fino Man Gel Face Wash (R69)

2. Kalahari Facial Cleanser (R240). Beskikbaar by uitsoeksalonne of aanlyn by www.kalaharilifestyle.com

3. African Extracts Rooibos Spot-control Face Wash (R49)

4. Vichy Pureté Thermale Fresh Cleansing Gel (R269)

5. Bioderma Sébium H2O (R299)

SARIE Voorbladgesig 2018 word met trots geborg deur Montblanc Lady EmblemINOARIsa Carstens AcademyKalahari en kykNET.

SARIE Voorbladgesig 2018