Daar is ’n eenvoudige oplossing vir jonger lyk … Genoeg slaap. Maar met selfone en tablette en ons besige lewens kry te veel van ons nie die nagrus wat ons lyf (en vel) verdien nie.

Met minder slaap is fyn lyntjies en plooie meer sigbaar en jou vel geneig om rooier te wees, met ’n veluitslag. Dit laat jou ook gouer oud lyk. Van die eerste tekens van ’n gebrek aan slaap is die tekstuur van jou vel, en jou algemene voorkoms en gesondheid.

Jet lag got me like ??

A post shared by Karlie Kloss (@karliekloss) on

Die rede? Gedurende die dag is jou vel se hoofdoel om homself te beskerm en bevog te hou. Saans, wanneer jy slaap, kry jou vel dan kosbare tyd om te normaliseer en herstel. Met genoeg hersteltyd lyk jou vel vars, helder en stralend die volgende oggend. Die raad van ’n skoonheidslapie (beauty sleep) is dus nader aan die kol as wat ons besef het.

Soos wat die belangrikheid van slaap al meer benadruk word stel skoonheidshuise velsorgprodukte bekend wat spesifiek geformuleer is om jou vel se herstelproses saans aan te help. ’n Produk kan nie noodwendig ’n wonderwerk laat gebeur en jou van ’n goeie nagrus verseker nie. Maar dit kan help om die skadelike effek van te min slaap op jou vel teen te werk.

Dié produkte loop hand-aan-hand met ’n goeie nagrus:

1. Kiehl’s Midnight Recovery Concentrate (R850)

Laventel- en nagblomolie in die ikoniese serum verhelder ’n moeë, vaal gelaat. Net twee druppels is nodig.

2. Clinique Moisture Surge Overnight Mask (R495)

Dié masker kan jy oornag aanlos en bevogtig jou vel intens sodat dit plomp en stralend lyk die volgende oggend.

3. Estée Lauder Advanced Night Repair Synchronized Recovery Complex II (R850 vir 30 ml)

Die gewilde serum bevat ’n unieke formule wat jou vel se herstelproses ’n hupstoot gee.

4. Placecol Illuminé Retinol Serum (R640)

Retinol is bekend vir sy selvernuwingseienskappe en is perfek om saans te gebruik.

5. L’Oréal Paris Revitalift Laser Renew Peeling Lotion Night (R260)

Die ligte room bevat 3% glikoliese suur wat help om dooie velselle liggies af te skilfer vir ’n helderder vel.

Bronne: www.telegraph.co.uk