Ons is altyd verstom om te sien hoe stralend en foutloos die sanger Jennifer Lopez se vel lyk – en dit op 48! En toe sy onlangs gevra is oor haar jonklyk-geheim het sy ’n interessante antwoord gegee … In ’n onderhoud met die Amerikaanse tydskrif Harper’s Bazaar het J-Lo vertel sy glo die rede hoekom sy so goed lyk, is omdat sy dit daagliks vir haarself sê.

“Positiewe versekering is so belangrik … Ek is jeugdig en tydloos. Ek sê dit elke dag ’n hele paar keer vir myself. Dit klink soos cliché-nonsens, maar dit is nie: Ouderdom is alles in jou kop,” het sy aan die tydskrif gesê.

A post shared by Jennifer Lopez (@jlo) on

Ook in haar huis is daar talle kussings en prente met inspirerende aanhalings, soos “No limits but the sky” en “Life is short, live your dream”, berig Harper’s Bazaar.

Tog is dit beslis nie haar énigste geheim vir haar jeugdige voorkoms nie. Sy het al in verskeie onderhoude gesê dat sy ’n baie gedissiplineerde en gesonde leefstyl volg. Sy maak altyd seker dat sy elke nag tussen agt en tien uur slaap en sy drink glad nie alkohol of kafeïen nie.

#JLOxGUESS

A post shared by Jennifer Lopez (@jlo) on

Hiér is nog ’n paar van J-Lo se skoonheid- en gesondheidsgeheime:

* Sy vermy soveel as moontlik suiwel, suiker en verfynde koolhidrate.

* Sy bly uit die son uit en gebruik daagliks sonskerm.

* Sy het altyd ’n groot oefenbal by haar (selfs as sy reis) waarop sy oefeninge doen om haar kern-maagspiere te versterk.

* Sy het al onthul dat sy mal is oor glikoliese suur om haar vel haar kenmerkende gesonde glans, of “J-Lo Glow”, te gee. Dit skilfer jou vel liggies af en is geskik vir selfs sensitiewe velle.

* Een van haar gunsteling-produkte is die velsorghuis Dr. Hauschka se Rose Day Cream. Dit bevat rooswater, roosolie en roosbloeisel-ekstrak - kragtige antioksidante wat inflammasie beveg.

Dr. Hauschka Rose Day Cream (R584 vir 30 ml)

By Woolworths en gesondheidswinkels

A post shared by GUESS (@guess) on

Bronne: www.harpersbazaar.com, www.people.com, www.cosmopolitan.com