Die Amerikaanse tydskrif Vogue stel gereeld skoonheidsvideo’s bekend waar Hollywood-bekendes hul velsorg- en grimeerroetines deel. Kyk jy net ’n paar van dié video’s, sien jy dat die meerderheid sterre, onder andere Nina Dobrev, Ashley Graham en Miranda Kerr, gló in gereelde gesigmasserings vir ’n stralende, ferm vel.

Masserings oor jou hele gesig is tans in die kollig omdat dit aansluit by ’n holistiese benadering tot velsorg en ’n rits voordele vir jou vel inhou. Dit help om gifstowwe te verwyder, pofferigheid te verminder en om die bloedvloei na jou gesig te bevorder vir ’n gesonde gloed. Dit help ook om mettertyd jou gesigkontoere te definieer vir ’n plomper en fermer voorkoms.

SARIE se skoonheidsredakteur, Monica van der Walt, het al só professionele behandeling beproef. Lees meer hier.

Doen dit só

Gebruik jou vingerpunte of ’n masseertoestel en masseer jou gesig ’n paar minute met ’n gesigolie. Werk van die middel van jou gesig na buite in ’n opwaartse rigting.

Probeer die produkte:

1. Gebruik dié steen op jou wangbene en kakebeen om jou gesigkontoere te verferm – Celluvac Rose Quartz Gua Sha (R590). By celluvac.co.za en faithful-to-nature.co.za 

2. Dié stel bevat ’n reinigingslappie, olie en spesiale suigkoppies waarmee jy jou vel sagkens kan masseer – Bellabaci Skin Get A Life 3-Step Facial Ritual (R980). By uitsoeksalonne en -spa’s of bellabaci.com