Dié tyd van die jaar met die warmer klimaat is rompe, rokke en kort broeke ons redding. Tog ná die winterseisoen is dit nie so eenvoudig nie. 

Ons skeep ons bene af, ons redeneer dat niemand dan ons bene gaan sien nie. Maar dan wink die somer en smag almal na sysagte, glansende en songekuste bene.

Al wat nou gaan help is goeie gehalte produkte wat spoedig jou vel kan bevog, dooie selle sal verwyder, ’n egalige voorkoms skep en jou bene glansend laat.

Onthou van afskilfering
Skilfer jou bene so een tot twee keer ’n week af met ’n produk wat kleinerige korrels bevat. Só raak jy ontslae van dooie selle op die veloppervlak en jou bene lyk glad en gesond met ’n natuurlike glans. Die vogroom en behandelingsprodukte wat jy gebruik, sal ook beter absorbeer.

Dié produkte moet jy probeer:

Vir jeukerigheid en irritasie ...

1. Bioderma Atoderm SOS Spray Anti-itching Ultra-soothing (R300 vir 200ml)

Na die winter is ons bene geneig om ekstra droog, geïrriteerd en jeukerig te wees. Die sproei verlig irritasie en jeukerigheid binne 60 sekondes na aanwending. Die heerlike liggewigte tekstuur skep meteens ’n gevoel van verligting en gemak.

Vir ’n gedefinieerde voorkoms ...

2. TheraVine Sculpt-o-Vine Silhouette Contouring Emulsion (R609)

Wie wil dan nou nie mooier, gedefinieerde bene hê nie? Die emulsie bevat aktiewe bestanddele wat help om die voorkoms en vorm van jou bene ’n hupstoot te gee. Hialuronsuur bevog jou bene, sitroengras en lemoen hits bloedsirkulasie aan en verbeter jou veltoon.

Vir songekuste bene ...

3. Palmer's Coconut Oil Formula Natural Bronze Body Lotion Gradual Tan (R90) By Dis-Chem.

Songekuste en bevogte bene sonder die son is moontlik. Klapperolie en vitamien E in die formule voed én versterk jou vel. 

Vir bevogtiging en glans ...

4. Skinny Tan Body Glow (R280)

Dit skep subtiele kleur om die vaalheid van winter effens op te beur. Wend die bevogtiger daagliks aan vir bene met ’n songekuste glans.