Die Suits-aktrise en filantroop Meghan Markle is sedert verlede jaar in die nuus as die vrou wat prins Harry se hart gesteel het. En toe die SARIE-skoonheidspan een van dié pragtige donkerkop se skoonheidswenke raaklees, was ons net nog meer beïndruk.

Die 36-jarige het in ’n onderhoud aan die gewilde Amerikaanse skoonheidsblog Beauty Banter onthul wat haar staatmaker-produk is om haar lyf mee te bevog. Maar moenie dink die (dalk) toekomstige koninklike gebruik net luukse produkte nie … nee, haar top-lyfproduk is sowaar ’n ou bekende wat boonop super-bekostigbaar is.

In die onderhoud vertel Meghan dat sy mal is oor Nivea se Skin Firming Hydration Body Lotion. “Ek gebruik dit slaafs. Dis eerlikwaar my gunsteling-lyfroom op die mark. Dis so bekostigbaar en laat my vel fantasties lyk en voel,” het sy aan Beauty Banter gesê.

Weekend shenanigans with @jessicamulroney (wearing my very favorite button down from @mishanonoo) ????

A post shared by Meghan Markle (@meghanmarkle) on

Om jou lyf daagliks te bevog help om jou vel plomp en glad te laat lyk sonder dat dit "barsies" vorm of droog en jeukerig voel. Daarby help ’n lyfroom in die somermaande dat die sonbruin kleur van jou vel langer behoue bly.

Vir baie van ons is die aansmeer van ’n lyfroom ook ’n tikkie pamperlang op ons besige dae. By ’n mediabyeenkoms vroeër vanjaar het die skoonheidshuis Dove onthul dat navorsing toon SA vroue spandeer gemiddeld sowat 6 minute per dag om hul lyf te vertroetel met ’n vogroom. Maak seker jy kry dié seisoen ’n lyfroom wat perfek is vir jóú.

Wenk:

Die beste tyd om ’n lyfroom aan te wend is net nadat jy uit die stort of bad geklim het. Droog jou lyf af sodat jou vel steeds ’n bietjie klam is. Wend dan jou lyfroom aan. Dit sal help dat die room van die vog op jou vel vasvang. Jy sal ook meer waarde uit die produk kry omdat jy dan minder daarvan hoef te gebruik.

Another #BTS from my cover shoot for @lifestylemag #NYC #photoshoot ??

A post shared by Meghan Markle (@meghanmarkle) on

Probeer dié lyfrome:

1. Nivea Q10 Firming Body Lotion (R76)

2. Dove DermaSpa Summer Revived Body Lotion (R70)

3. Clarins Extra-Firming Body Lotion (R665)

4. The Body Shop Vanilla Chai Softening Body Gel-Lotion (R125)

5. Aveeno Skin Relief Nourishing Lotion (R95)