Sedert prins Harry en Meghan Markle verlede week hul verlowing aangekondig het, kan die wêreld (en ons!) net nie genoeg kry van dié 36-jarige Amerikaanse donkerkop nie. Ons is veral gretig om meer oor haar skoonheidsgeheime te leer.

Nou het ons ontdek dat daar ’n baie ongewone tegniek agter haar mooi, stralende vel skuil ...

Good morning beautiful @meghanmarkle @vanityfair

A post shared by Nichola Joss™ (@nicholajoss) on

In ’n video-onderhoud uit 2015 met die aanlyn skoonheidswinkel Birchbox het Meghan onthul dat dit nie ’n wonder-serum of -vogroom is wat haar gesig stralend hou nie, maar ’n baie unieke “inwendige gesigbehandeling” waar jy die binnekant van jou mond en jou tong masseer. Dit sorg glo vir fermer en meer gedefinieerde gesigkontoere.

Meghan vertel sy het dié tegniek geleer by die Britse skoonheidsterapeut Nichola Joss, by wie Kate Moss en Jennifer Lopez glo ook gereeld aanklop. “Jy voel dalk simpel terwyl jy dit doen, maar ek sweer dit werk. Op dae wanneer ek dit doen is my wangbene en kaaklyn soveel meer gedefinieerd,” het sy in die onderhoud gesê.

When you get to spend your Friday with this fox ??#meghanmarkle

A post shared by Nichola Joss™ (@nicholajoss) on

Meghan het al in ’n paar onderhoude genoem dat sy mal is oor Nichola se gesigbehandelings en -masserings. Volgens Nichola help ’n massering aan die binnekant van jou mond om spanning in jou gesigspiere te verlig en om die spiere te versterk vir ’n plomper en fermer voorkoms, berig die Amerikaanse webtuiste PopSugar. ’n Massering reg oor jou gesig is net so voordelig: dit help om gifstowwe te verwyder, pofferigheid te verminder en om die bloedsirkulasie na jou gesig te bevorder sodat jy ’n gesonde gloed kry.

Nichola beveel selfs aan dat vroue elke aand hul gesig vir ’n paar minute met hul gunsteling-gesigolie moet masseer. “Gebruik jou vingerpunte en handpalms en werk van die middel van jou gesig na buite en na bo,” het sy aan PopSugar gesê.

Some easy pre-bed massage tips. #facialist @sanctuaryspa #beautytips #beauty #massage

A post shared by The Joss Beauty Team (@jossbeauty) on

Bronne: www.popsugar.com, www.dailymail.co.uk, www.birchbox.com