Die kenmerkende lemoenskil-voorkoms van selluliet ontstaan wanneer vet onder jou vel saampak en teen jou vel druk. Omdat swak bloed- en limfsirkulasie selluliet vererger, kan oefening en massering, wat albei sirkulasie aanwakker, help.

As die voorkoms van selluliet jou pla, beveel dr. Maureen Allem, stigter en mediese hoof van die estetiese kliniekgroep Skin Renewal, professionele behandelings soos ’n kombinasie van karboksieterapie (koolstofdioksied word in die probleemdele ingespuit om vetselle op te los) en radiofrekwensie (hitte-energie word onder die vel gegenereer wat kollageen laat saamtrek en verferm) aan.

Sellulietprodukte kan ook help om selluliet tydelik beter te laat lyk deur bloedsirkulasie na die area te verbeter en bestanddele wat jou vel verferm.

Het jy geweet?
Sowat 90% van vroue het selluliet, volgens ’n artikel in die internasionale tydskrif Scientific American. Dit is dus glad nie iets om oor skaam te wees nie!

Vir selluliet:

Kafeïen en alge in Theravine Sculpt-O-Vine Contouring and Firming Body Cream (R571) bevorder die afbreek van vet en verferm die vel. By uitsoeksalonne en -spa's

Masseer dié dubbele formule in ’n opwaartse rigting aan jou bene om sirkulasie aan te help - Elancyl Slim Design Firming Oil (R295). By Dis-Chem en Clicks.