Pleks van ure in die son lê, kan jy jou lyf vinnig ’n songoue glans gee met ’n verbruiningsproduk wat jy tuis gebruik. Daar’s ’n magdom formules om uit te kies.

Sonblootstelling veroorsaak plooie, pigmentasie en fyn lyntjies. Boonop verhoog dit jou risiko vir velkanker! Deur ’n selfverbruiningsproduk op jou lyf aan te wend kan jy dié feesseisoen met ’n songoue gelaat spog sonder die gevare. Wees op die uitkyk vir produkte met natuurlike bestanddele. Die chemikalie DHA droog jou vel uit en het ’n skerp “fake tan”-reuk.

Laat jou sonbruin glans hou deur gehidreer te bly. Pierre Malherbe van FMCG1 Sales, verspreider van die verbruiningsreeks SkinnyTan, sê dis belangrik om genoeg water te drink en ’n produk te kies wat jou vel bevog en voed.

FOTO: Instagram/@skinnytan_sa

Gebruik ’n verbruiningsroom of -sproei as jy dit die eerste keer beproef, ’n mousse vir ’n dieper kleur, of die nuwe olie-formule vir egalige aanwending. Skilfer vooraf jou vel goed af en gebruik dan daagliks ’n vogroom om die kleur langer te laat hou.

Probeer dié produkte:

1. Caribbean Tan Shimmer Cream Tinted Body Bronzer (R80) 

2. Skinny Tan Tan & Tone Oil (R400). By Dis-Chem, uitsoektakke van Clicks en www.takealot.com

3. Piz Buin Tan & Protect SPF15 Tan Intensifying Lotion (R250). By Clicks

4. Vichy Moisturising Self-Tanning Milk (R260)

5. Tropitone Bronze It Self Tan Lotion (R120)