Dis moeilik om jou jou lewe sonder jou slimfoon in te dink, maar het jy geweet dit kan jou ouer laat lyk? In ’n studie drie jaar gelede is bevind dat vroue sowat 150 keer per dag na hul slimfoon se skerm kyk. En dat dit dalk die rede is hoekom al hoe meer vroue ’n vreemde vou in hul nek opmerk – ’n verskynsel wat dermatoloë “tech neck” gedoop het.

Wanneer jy gereeld na jou slimfoon kyk, buig jy jou nek teen ’n sekere hoek. Die vel van jou nek is daarom geneig om vinniger te verslap en ’n duidelike vou op dié plek te vorm. Plooie en ’n minder ferm vel was voorheen probleme wat eers in jou middeljare te voorskyn gekom het, maar tech neck is die afgelope sowat tien jaar iets waarmee ook jonger vroue sukkel.

FOTO: Unsplash

Buiten om minder na jou slimfoon te kyk, is daar gelukkig ’n eenvoudige oplossing vir die verskynsel. Sluit bloot jou nek- en bors-area by jou daaglikse velsorgroetine in!

Die meeste van ons volg ’n streng velsorgroetine, maar skeep dikwels ons nek en bors af. Dit is ’n fout, want dié dele verklap jou ouderdom die vinnigste omdat die vel hier dunner is sonder enige oliekliere.

Probeer dié produkte vir jou nek en bors:

1. Clinique Sculptwear Lift and Contour Serum for Face and Neck (R1 095)

Dié slim serum help om jou vel te verstyf en wakker kollageenproduksie aan sodat jou vel oor tyd fermer lyk. Gebruik dit op jou gesig én nek.

2. Clarins Super Restorative Décolleté and Neck Concentrate (R1 170)

Die kragtige serum bevat bestanddele wat die vel van jou bors en nek fermer maak en donker vlekke ligter.

3. Placecol Illuminé Neck and Décolleté Lift (R390)

Die jel-formule verhelder ook jou vel. By Placecol-salonne

4. Sorbet Age Affect Décolletage & Neck Cream (R200)

Vitamien A, C en E help om vel jeugdig en gesond te hou. By Clicks

5. Skin Republic Neck + Décolletage Repair (R47)

Wend die lappie-masker op jou nek- en bors-area aan en hou dit sowat 20 minute aan.