Gereelde afskilfering is een van die beste maniere om die algemene gesondheid van jou vel dramaties te verbeter. Die afgelope jaar is veral chemiese afskilferaars, met sure en vrugte-ensieme om dooie selle op die veloppervlak op te los, in die kollig.

Dié soort afskilferaars skilfer jou vel mooi egalig af. Daar is ook ’n groot verskeidenheid beskikbaar, so jy kan maklik een vind wat goed werk vir jóú vel. 

Die nuutste chemiese afskilferaars het ’n vloeibare tekstuur en word met watte aangewend. Dit bevat ’n sterker konsentrasie sure om soortgelyke resultate as ’n sagte chemiese afskilferingsbehandeling (peel) tuis te lewer. Die resultate is ’n gladder, stralender veltekstuur wat ook velsorgprodukte beter absorbeer. 

Probeer dié produkte:

1. Optiphi Refine-Foliant Smooth Radiance Exfoliator (R770 vir 10 botteltjies van 5 ml elk) By uitsoeksalonne

2. Dermalogica Rapid Reveal Peel (R1 495 vir 10 buisies)