Om jou vel te versorg is deel van ons daaglikse roetine, maar tydens die kouer maande het ons vel nóg meer liefde en aandag nodig. “Ons vel is ons grootste orgaan en daarom verg dit baie aandag,” sê Su-Marie Annandale, handelsmerkbestuurder van Clere Skincare.

Tog is ons jaarliks verras as ons vel onverwags droog, jeukerig en geïrriteerd voel. Boonop vererger verwarmers dié probleem.

Net soos wat die klimaat verander, moet ons onthou dat ons vel se behoeftes ook verander. Daarom moet ons velsorgroetine so bietjie aangepas word. 

Kom ons begin by ’n algemene velsorgproduk soos ’n lyfroom (cream) en ’n ligte, vloeibare room (lotion). Só kan ons verstaan waarom watter tipe produk vir die winter beter sal werk. 

FOTO Clere

“’n Lyfroom is ’n dikker formule wat ’n droë, wintervel teenwerk. ’n Vloeibare room is ligter en word makliker geabsorbeer en is daarom beter om in die somer te gebruik,” lui ’n mediaverklaring van Clere Skincare. As gevolg van die dikker formulering, word ’n lyfroom eerder in ’n pot verpak. Die formule is geneig om baie ryk en bevogtigend te wees wat jou vel beter teen vogverlies beskerm. 

Pas die 5 wenke toe:

1. Gebruik ’n lyfroom met voedende en voggewende bestanddele soos vitamien E en klapper- of olyfolie.

2. Ons is geneig om minder water in die winter te drink, dis tog belangrik om gehidreerd te bly. Moenie vergeet om water te drink nie en oorweeg warm water met suurlemoen of groentee tydens die kouer maande.

3. Wend lyfroom saans aan jou voete voordat jy jou kouse aantrek. Dit sal jou voete bevog en erge droogheid en krakies help voorkom.

4. Behou vog in die lug deur ’n bevogtigertoestel (humidifier) aan te skaf. Verwarmers droog die lug uit wat jou vel ook onnodig sal uitdroog.

5. Ons almal hou daarvan om ekstra warm te stort of bad tydens die kouer maande. Onthou dat te warm water jou vel dehidreer. Probeer om die temperatuur effens aan te pas of om vinniger te stort of te bad.

Probeer die produkte:

Skin Creamery The Everyday Cream (R248) Beskikbaar aanlyn by www.faithful-to-nature.co.za

Eucerin ph5 Soft Body Cream (R200)

Vaseline Clinical Care Extremely Dry Skin Rescue (R58) Beskikbaar aanlyn by www.takealot.com

Clere Nourishing Body Crème Cocoa Butter (R30) 

Cake Milk Made Indulgent Body Milk Cream (R100) By Clicks.