Nes ons hande, is ons nek en halslyn geneig om vinniger velveroudering te wys en só ons ouderdom te verklap. Dit is omdat hierdie areas baie min oliekliere het, wat beteken dit raak maklik gedehidreer en is meer vatbaar vir plooie, fyn lyntjies en pigmentasie.

FOTO Getty Images / Gallo Images

Volgens ’n mediaverklaring van Gatineau is ons geneig om net aandag aan ons gesig te gee en vergeet ons van hierdie ander belangrike areas. Die vel hier is dun en sensitief en bevat boonop minder melanosiete, die selle in die epidermis wat melanien vervaardig en jou vel teen die skadelike effek van UV-strale beskerm. Dit alles beteken ons nek en halslyn wys vinniger tekens van rooiheid, irritasie, pigmentasie en veroudering. Boonop is hierdie areas baie aan son blootgestel, wat alles net vererger. 

Dis dus belangrik om net soveel aandag aan die versorging van jou nek en halslyn te gee. 

Só tref jy voorsorg:

1. Wend daagliks ’n breëspektrum-sonskerm aan.

2. Reinig jou nek en halslyn deeglik, nes jou gesig. Só raak jy ontslae van dooie selle wat porieë kan verstop.

3. Gebruik produkte wat spesifiek vir jou nek en halslyn geformuleer is.

Wenk

Aangesien jou nek en halslyn min oliekliere het, is dit belangrik om produkte met hialuronsuur te gebruik. Dis ideaal om dehidrasie teen te werk.


4. Sluit jou nek en halslyn by jou daaglikse velsorgroetine in.

Probeer dié produkte:

Gatineau Defi Lift 3D Firming Neck and Décolleté Gel (R1 050)

Neutrogena Anti-Wrinkle Deep Wrinkle Night Moisturiser (R185)

Clarins Super Restorative Décolleté and Neck Concentrate (R1255)

Elizabeth Arden Prevage Anti-Aging Neck and Décolleté Firm & Repair Cream (R1215)

Bronne: www.cosmopolitan.comwww.jeancoutu.com