Die bekroonde Wonderlus-aktrise Lea Vivier, vir Binnelanders-kykers dalk beter bekend as suster Lika, straal op die kassie én op die silwerdoek. Met haar foutlose gelaat en goudbruin hare is die kamera dol op haar. 

Die SARIE-skoonheidspan wou haar skoonheidsgeheime by haar hoor ... Watter produkte gebruik sy? Hier verklap sy.

Om haar pragtige vel te onderhou gebruik sy Esse, die natuurlike plaaslike velsorgreeks.

Soggens reinig sy haar vel met Esse se Gel Cleanser en gebruik dan die Esse Toner om dit te verfris. Sy bevog haar vel met die Esse Light Moisturiser. 

“Die Gel Cleanser is ontsettend lekker, dit het ’n peperment geur.” Die vogroom bevat jojoba-olie en sy is gaande oor die verfrisser wat soos pomelo ruik.

Saans reinig Lea haar vel met Esse se Refining Cleanser. Sy gebruik dan weer die verfrisser en laastens die Esse Deep Moisturiser. Sy sal ook weekliks haar vel afskilfer met Esse se Cocoa Exfoliator en daarna die Esse Clay Mask gebruik om onsuiwerhede uit haar vel te trek.

FOTO: Instagram/@vivier.lea

Enige skoonheidswenke?

“Drink baie water, doen genoeg oefening, eet gesond en drink vitamiene,” sê sy. Sy vertel ook dat sy daarvan hou om so twee keer ’n week by die gim in die stoomkamer te gaan sit. Dit help om haar porieë oop te maak en van onsuiwerhede ontslae te raak.

View this post on Instagram

Nog 2 slapies | #viviersibbe ?? @jenni.legrange

A post shared by Lea Vivier (@vivier.lea) on

Skoonheidsfilosofie?

“Wat jy in jou lyf insit, is definitief wat jy uitkry … maar jy moet ook nie te krities op jouself wees nie. En dis okei as jou vel op stres en ander faktore reageer. Go easy on yourself.” 

Probeer die produkte:

1. Esse Gel Cleanser (R249)

2. Esse Toner (R259)

3. Esse Light Moisturiser (R475)

4. Esse Refining Cleanser (R259)

5. Esse Deep Moisturiser (R515)

6. Esse Cocoa Exfoliator (R315)

7. Esse Clay Mask (R325)