That time Cinderella drove herSELF to the ball ????????

A post shared by E L M A S M I T (@elmakapelma) on

Elma Smit, TV-aanbieder

Hoe het jou pigmentasie ontwikkel?

Ek het erge pigmentasie op my voorkop, tussen my wenkbroue en om my mond. Ek vermoed dis ’n kombinasie van sonskade en hormone.

Hoe behandel jy dit?

Ek gaan gereeld vir ’n diepafskilferings-behandeling (peel) en het onlangs die produkte in die velsorgreeks pHformula begin gebruik.

Hoe voorkom jy verdere pigmentasie?

Ek dra byna altyd ’n hoed by my, of ek nou met vakansie gaan en of dit ’n sonnige wintersmiddag in Johannesburg is. Jy sal verras wees hoeveel son jou vel kry tydens middagete op ’n stoep of by ’n mark. Ek wend ook elke oggend sonskerm aan en dra ’n buisie in my handsak sodat ek dit deur die dag kan opknap, veral in die kar.

Jou top-produk?

Ek hou baie van pHformula se E.X.F.O. Cleanse (R340, by uitsoek- estetiese klinieke). Dis ’n reiniger en afskilferaar en kan ook as ’n masker gebruik word. Ná ’n diepafskilferings-behandeling is dit my redding omdat dit my vel, wat baie sensitief is, kalmeer.

Ek hou baie van pHformula se E.X.F.O. Cleanse (R340, by uitsoek- estetiese klinieke). Dis ’n reiniger en afskilferaar en kan ook as ’n masker gebruik word. Ná ’n diepafskilferings-behandeling is dit my redding omdat dit my vel, wat baie sensitief is, kalmeer.

Quinne Brown, aktrise

Hoe het jou pigmentasie ontwikkel?

Ek het tydens my swangerskappe plek-plek donker vlekke op my vel ontwikkel. Hoewel dit nie so erg is nie, is dit vir my baie belangrik om verdere pigmentasie te voorkom.

Hoe behandel jy dit?

Ná byna ses jaar wat ek maar min aandag aan my vel gegee het, het ek verlede jaar vir Sonette Donker, velsorgkenner van die velsorgkliniek Skin ID in Johannesburg, ontmoet. Sy het my bekend gestel aan die produkte en behandelings van die velsorgreeks Dermaceutic en dit maak ’n groot verskil. Ek gaan nou maandeliks vir die Dermaceutic Milk Peel. Dit bevat twee tipes sure, glikol- en melksuur, wat vel sagkens afskilfer.

Jou top-produk?

Ek dra elke dag Dermaceutic Sun Ceutic 50+ Age Defense Sun Protection (R620, by uitsoek- estetiese klinieke). Dit beskerm nie net my vel teen die son nie, maar bevat ook bestanddele wat inflammasie voorkom en my vel bevog.

Minki van der Westhuizen TV-aanbieder

Hoe het jou pigmentasie ontwikkel?

Ek het hormonale pigmentasie ontwikkel toe ek swanger was met my eerste kind. Dit het verbeter met behandeling, maar noudat ek weer swanger is, het baie van die vlekke teruggekeer. Hoewel ek nie dadelik iets daaraan kan doen nie, sal ek ná die geboorte weer begin met ’n pigmentasie-behandelingsroetine.

Hoe behandel jy dit?

Ek dink dit maak ’n groot verskil indien jy velsorgprodukte gebruik wat spesiaal vir pigmentasie geformuleer is. My staatmaker-velsorgreeks is Obagi. Ek gaan ook vir diepafskilferingsbehandelings by die velsorgkliniek Skin Renewal.

Probeer

Die Obagi Nu-Derm Blend FX Skin Brightener & Blending Cream (R836, by uitsoek- estetiese klinieke) bevat kragtige bestanddele wat die vorming van nuwe pigmentasievlekke keer.

Die Obagi Nu-Derm Blend FX Skin Brightener & Blending Cream (R836, by uitsoek- estetiese klinieke) bevat kragtige bestanddele wat die vorming van nuwe pigmentasievlekke keer.
Foto’s Leana Clunies-Ross *Die produkpryse is voorgestelde pryse en kan verskil van winkel tot winkel