SARIE se 11de Voorbladgesigwenner, Schané Venter, het in ’n blinkerbaadjie en room langbroek met geruite patroon verlede jaar op die Oktober-uitgawe verskyn. Haar blas, vlekkelose vel laat jou twee keer kyk. As kind is sy oor dié warm velkleur gespot, nóú is sy trots daarop.

“Ek het geleer dat dit iets is wat my anders maak en dat ek daarvoor moet dankbaar wees. Ek het my vel begin embrace.” Velsorg is vir haar belangrik en sy het geleer wat vir haar vel werk en wat nie.

View this post on Instagram

Already looking back at Dec holiday like... ????‍???????? . . #mozambique #holidayseason #almostbacktowork #canwerepeattheholidays

A post shared by s c h a n e´ ?? (@schaneventer) on

Sy het ’n normale veltipe. Dit beteken haar vel is goed gebalanseerd wat sebumvervaardiging en vogtigheid betref, en dis nie te olierig, droog óf sensitief nie. ’n Normale vel word aan goeie bloedsirkulasie, ’n sysagte tekstuur, ’n egalige gelaat en minimale merke en vlekke gekenmerk.

SARIE Voorbladgesig was vir Schané ’n waardevolle leerskool. Sy het opnuut besef dat dit noodsaaklik is om die korrekte produkte vir jou vel se behoeftes in te span. “Ek het sowaar my lyfroom op my gesig gebruik. Die ervaring het iets in my wakker gemaak.”

Schané benadruk dat dit belangrik is om sonskerm te dra. “Ek probeer om myself daagliks te herinner om sonskerm aan te wend voordat ek met my grimering begin. Ek is nie lief vir sonskerm dra nie, ek kom agter dat ek al hoe meer sproete kry.” 

Sy is gaande oor ...

Kalahari Hydralite Moisturiser (R285)

Kalahari Anti Puffiness Eye Serum (R306). Beskikbaar aanlyn by www.kalahari.com

Dr Schrammek Pure Skin Cleansing Foam (R650). Beskikbaar aanlyn by www.schrammek.co.za

Skryf nou in!

Lees meer oor hoe om in te skryf hier. Skryf in vir SARIE Voorbladgesig en SARIE Nuwe Gesig aanlyn by voorbladgesig.sarie.com 

SARIE Voorbladgesig en SARIE Nuwe Gesig word met trots geborg deur Isa Carstens Akademie