’n Gesonde leefstyl is belangrik vir ’n gesonde vel heeljaar. Oefen gereeld, slaap genoeg en eet antioksidantryke voedselsoorte soos groente, vis en neute. Knyp ook gereeld tyd af vir jouself; hoe meer ontspanne jy is, hoe mooier jou vel. ’n Spabehandeling is ’n heerlike bederf en die ideale manier om stres te verlig.

Probeer een van dié behandelings:

Mindfulness Moment by die One&Only Spa in Kaapstad

Dié holistiese behandeling begin met ’n begeleide asemhalings- en visualiseringsoefening vir beter bewustheid (mindfulness). Dit word gevolg deur ’n strelende lyfmassering met rooskwartskristalle, wat begin by jou voete en eindig op jou kopvel. Perfek vir nuwe energie in die begin van die jaar.

View this post on Instagram

One&Only Spa - the prefect place to pause. #OOCapeTown #OOMoments

A post shared by One&Only Cape Town (@oocapetown) on

Kalahari Rolling Sand Dune Full Body Massage

’n Botaniese masseringsolie van jou keuse word gebruik om jou hele lyf met voorarmbewegings te masseer. Dis ontspannend, verlig stywe spiere en voed ’n droë, growwe vel. Kies die wildeheuningoliemengsel vir stresontlading of die kruisement-en-bloekommengsel vir energie. By uitsoekspa’s landwyd – besoek kalaharilifestyle.com

TheraVine ThalasoVine Detox Treatment

Ná ’n lyfafskilfering en aromatiese bad wat seewier, seesout ryk aan minerale, en essensiële olies van pomelo en teeboom bevat, word dié verfrissende behandeling afgesluit met ’n masseertegniek wat limfdreinering aanmoedig om gifstowwe uit die lyf te verwyder. By uitsoekspa’s landwyd – besoek theravine.co.za