Hormone speel ’n konstante rol in enige vrou se lewe. Dink maar aan jou tienerjare, swangerskap en dan natuurlik menopouse. Dié hormonale veranderinge kan ’n negatiewe invloed op jou vel hê. Dit kan tot ’n oormate van sebum, verminderde kollageen-vervaardiging en erge droogheid lei.  Volgens ’n onlangse persverklaring van Nikel Cosmetics is daar oplossings om die negatiewe nagevolge van hormone teen te werk met slim-produkte.

Tydens menopouse

FOTO: Getty Images / Gallo Images

Gedurende dié fase daal vrouens se estrogeenvlakke wat direk ’n invloed op jou vel sal hê. Dit veroorsaak dat minder kollageen vervaardig word en jou oliekliere te veel sebum vervaardig. ’n Oormate van sebum lei tot ’n olierige vel wat dan tot ’n moontlike veluitslag en puisies lei. Jou vel kan ook uitermatig droog word. Tydens menopouse raak jou vel se epidermislaag dunner en jou selle neem langer om te vernuwe. Sodoende verminder jou vel se beskermingsvermoë wat lei tot vogverlies.

Oplossings:

Lancôme Pure Focus Moisturising Lotion (R760)

Dis belangrik om ’n goeie bevogtiger in jou velsorgroetine in te sluit om droogheid teen te werk. Aangesien vrouens sukkel om vog tydens menopouse te behou, is dié produk noodsaaklik.

Clarins Extra-Firming Tightening Lift Botanical Serum (R875)

Dié produk help om jou vel ferm en egalig te hou.

Estée Lauder Enlighten Dark Spot Correcting Night Serum (R985)

Die gekonsentreerde serum help om donker merke, sonvlekke en rooiheid te verminder. Jou veltoon sal meet egalig en vlekkeloos vertoon.

Tydens swangerskap

FOTO: Getty Images / Gallo Images

’n Oormate van sebum-vervaardiging kan plaasvind wat volwasse aknee aanhelp. Pigmentasie word ook meer sigbaar. Dis daarom belangrik om direkte sonblootstelling te vermy.

Oplossings:

Nikel Alpine Rose Tonic (R755) Beskikbaar aanlyn by www.zando.co.za of www.takealot.co.za

Dit help jou vel se herstelvermoë en selvernuwing aan. Dis ideaal vir swanger vroue, aagesien dit natuurlike bestanddele bevat.

Tydens puberteit

FOTO: Getty Images / Gallo Images

Tydens dié fase word estrogeen en progesteroon vervaardig. Die hormone stimuleer jou oliekliere wat tot ’n oormate van sebum lei. Jou vel sukkel om hierdie hormoon-wanbalans te reguleer en dus is reiniging baie belangrik.

Oplossings:

Bioderma Sébium Purifying Cleansing Foaming Gel (R230)

Dié jel help om akneemerke te verminder. Dit help om jou vel skoon te hou en oortollige sebum te verwyder.

Avène TriAcnéal Expert Emulsion (R250)

Help om velbakterie teen te werk, rooheid en puisies te verminder. Dit help ook om die veltekstuur egalig te kry.

Eucerin DermoPurifyer Oil Control Skin Renewal Treatment (R230)

Die produk verminder akneemerke, inflammasie en verstopte porieë. Dit laat jou vel minder geïrriteerd voel en meer egalig lyk.