Die dae van in die son lê om van daardie winterbene ontslae te raak is verby. Jou lyf kan op makliker en gesonder maniere ’n songoue glans kry. En boonop vinniger!

FOTO: Getty Images / Gallo Images

Daar is ’n magdom verbruiningsprodukte op die winkelrakke. Elkeen geskik om jou lyf kleur te gee vir die lekker somersdae wat voorlê. Maar hoe kies jy tussen ’n verbruiningsvogroom, -room, -mousse of -sproei?

Só kies jy:

Kies ’n vogroom met verbruiningsbestanddele as jy skrikkerig is vir ’n verbruiningsproduk …

Jou vel verbruin liggies mettertyd aangesien slegs ’n klein hoeveelheid van die verkleuringstof by die vogroom gevoeg word.

Probeer Le Tan Gradual Tanning Lotion Coconut Water (R255)

Kies ’n verbruiningsroom as jy vir die eerste keer ’n verbruiningsproduk probeer …

Die bruin roomtekstuur sorg vir maklike aanwending en só kan jy maklik sien waar jy reeds van die produk aangewend het.

Probeer Skinny Tan 7-Day Tanner (R300)

Kies ’n verbruiningsmousse as jy gereeld verbruiningsprodukte gebruik …

Dié produk sorg vir donkerder verbruining. Dis perfek om laag op laag aan te wend vir dieper kleur.

Probeer Skinny Tan Mousse (R400)

Kies ’n verbruiningsproei as jy hou van gerief …

Dit bedek groot dele van jou lyf vinnig, maklik en egalig. 

Probeer Caribbean Tan Self Tan Tan in a Can (R105)