Volgens ’n persverklaring van Nikel Cosmetics is daar twee faktore wat jou vel se veroudering aanhelp. Dit sluit genetika en omgewingsinvloede in. Dis belangrik om ons lewenstyle aan te pas sodat ons vel jonk en gesond kan lyk.

FOTO: Getty / Gallo Images

Volg dié 5 wenke om jou vel jonger te laat lyk:

1. Berei jou vel vir die buitelig voor

Dis belangrik om jou vel teen UV-strale en besoedeling te beskerm. Dié faktore veroorsaak velveroudering en die beskadiging van jou vel. Wend sonskerm daaglik voor jy jou grimeer, aan.

2. Gebruik natuurlike produkte

Maak seker dat jou velsorgprodukte natuurlike bestanddele bevat. Plantgebaseerde bestanddele balanseer jou vel se pH-vlakke en help om pigmentasie én rooiheid te verlig.

3. Reinig en bevog jou vel op dié manier

Gebruik ’n melkerige reiniger wat sagkens jou vel reinig. Sommige reinigers kan ’n skadelike effek op jou vel hê en jou vel se natuurlike olies verwyder.

4. Eet gesond en gebalanseerd

Vermy alle geprosesseerde kosse met verfynde suiker. Dié tipe kos verhoog jou insulienvlakke wat jou vel se elastisiteit verminder. Eet kossoorte wat ryk aan antioksidante is, soos aarbeie, bone en groentee.

5. Slaap is belangrik

Slaap is baie belangrik aangesien dit die tyd is wanneer jou vel die kans kry om te herstel en te verjong.

Probeer dié produkte:

Nikel Alpine Rose Tonic with Alpine Rose Stem Cells (R755) Beskikbaar aanlyn by www.zando.co.za

Nikel Cleansing Milk with Immortelle (R479)

Nikel Anti-Wrinkle Elixir with 12 Plants (R689)

Nikel Nikelhidris Face Cream (R995)