Jayden Bekker (8) van Pretoria leef die grootste deel van sy lewe met ekseem saam. Vel wat tot ekseem geneig is, is gewoonlik droog en lyk vaal en grof. Tydens uitbarstings verskyn krisis­gebiede wat simptome van uiterste ir­ritasie toon met rooi, skilferige kolle wat eers lek en dan verdik en uitdroog. Dit veroorsaak kwaai gejeuk en ongemak en kan ’n verpletter­ende uitwerking op jou daaglikse lewe hê.

Jayden en sy gesin het dit eerstehands ervaar en amper hoop laat vaar om ’n oplossing te vind. “Jayden was liggaamlik en emosioneel aangetas. Hy was te skaam om uit te gaan, want mense sou staar,” vertel sy ma, Lizelle.

In September 2017 het Jayden, soos talle Suid-Afrikaanse kinders voor hom, die kans gekry om die Avène-hidroterapiesentrum op die Franse dorpie Avène te besoek in die hoop om verligting van sy simptome te kry.

Tydens sy verblyf van drie weke het Jayden verskeie tera­pieë ondergaan, almal met die unieke Avène-warmbronwater wat bewys is dat dit die vel streel en kalmeer. Hy is van sy ma en pedi­ater vergesel, wat verstom oor die verbetering in sy vel se toestand was.

“Sy vel lyk en voel soveel beter,” vertel Lizelle verheug. “Jayden krap minder en kan selfs nou kortbroeke dra en speel sonder om skaam te voel. Hy kan nou ’n normale lewe lei en voluit kind wees.”

“Ek kan nou swem en sokker speel,” sê Jayden. “My gunstelingproduk is die Avène Thermal Spring Water Spray, want dit is lekker koud en help my beter voel.”

Al die produkte in die reeks bevat die unieke Avène-warmbronwater uit ’n fontein in Frank­ryk wat vir sy unieke strelende en versagtende voordele bekend is.

Nege maande later handhaaf Jayden nou sy uitstekende resultate deur Eau Thermale Avène-produkte tuis te gebruik wat almal die­selfde Avène-warmbronwater bevat.

Leer meer oor Jayden se volle verhaal deur na hierdie video ondherhoud te kyk.

(Video te danke aan Afternoon Express - SABC 3 - Weeksdae 16:30 - 17;30)

Jayden gebruik:

XeraCalm A.D Lipid-Replenishing Cleansing Oil

’n Sagte daaglikse reiniger wat voed en streel. Geurvry. R249.95

XeraCalm A.D Lipid-Replenishing Balm

’n Gepatenteerde, 100% steriele, voedende room wat geformuleer is om die vel se beskermende laag aan te vul en jeuk te verlig. R319.95

Avène Thermal Spring Water Spray

’n Natuurlike, suiwer watersproei om die vel te streel en kalmeer. R159.95

Cicalfate Cream 

’n Herstellende room vir gebruik aan droë letsels en scrape. R199.95

Vir meer inligting, besoek www.eau-thermale-avene.com of e-pos infosa@pierre-fabre.com. Beskikbaar by apteke landwyd.

Bron: IQVIA – Pharmatrend International – Dermo cosmetic market in pharmacy in Germany, Austria, Belgium, Spain, France, Italy, Portugal & Switzerland – year 2017 – in volume and value |PFZA18/05009